Die Dorp Wat Altyd Aan Die Agterspeen Suig
Gemeenskap Aktifist en CCN Redakteur – George April
WESKUS:- Terwyl Hopefield se maatskappye jaar ná jaar miljoene rande in die Saldanhabaai Munisipaliteit (SBM) se begroting pomp, sit die oudste dorp in die munisipaliteit steeds met leë hande.

- Kinders swem in ’n besoedelde rivier wanneer die hitte toppunt bereik.
- Mense woon jare lank in agterplase.
- En die gemeenskap is nie eers op die SBM-behuisingslys vir die volgende drie jaar nie, terwyl almal huise vir Hopefield belowe.
- Dit is die werklikheid van Hopefield en Oudekraalfontein in 2026.
Briewe is geskryf aan die Minister van Kuns en Kultuur. SBM is genader, met navarae van die Hopefield Gemeenskap Forum (registreerde organisasie) en CCN Online wat die stories geplaas het. Maar in plaas van herstel, het die munisipaliteit verkies om ’n draad om die murasie te trek, terwyl McKenzie se kantore nie eers op navrae gereageer het nie.
Die boodskap is baie duidelik, hierdie gemeenskap se geskiedenis is nie die moeite werd nie.
Intussen het die dorp steeds nie ’n behoorlike swembad wat werk nie.
- Wanneer die hitte ondraaglik word, gaan kinders swem in ’n besoedelde rivier.
- Werkloosheid bly hoog.
- Mense woon jare lank in agterplase omdat daar geen behoorlike behuising is nie.
Twee jaar gelede het inwoners wat in asbes-strukture gebly het, onwettige uitsettingskennisgewings van SBM ontvang omdat daar navrae was omdat die geboue “onwettig” was en steeds is.
- Geen plan vir alternatiewe behuising nie.
- Geen menslikheid nie.
- Net ’n kennisgewing.
FOTO – Hierdie is die rivier waarin Hopefield se kinders moet swem.- Die riete is gesny, maar nooit behoorlik verwyder nie.
- Dit lê nou al maande en vrot in die water.
- Verrottende organiese materiaal skep ’n broeiplek vir kieme en bakterieë, presies die water waarin ons kinders in die hitte moet afkoel omdat daar geen veilige swembad is nie.
Die onsekerheid oor skool bywoning hang soos ’n swaard oor ouers se koppe.
- Baie kinders sit sonder skool, en niemand kan sê of daar volgende jaar plek sal wees nie.
- Die gemeenskap is nie eers op die SBM-behuisingslys vir die volgende drie jaar nie, tog belowe almal huise.
Op Langebaan is die waglys vir bruin gemeenskappe nog langer, ongeag of daardie dorp se begroting soos goud presteer.
Hopefield se bydrae tot die munisipale begroting is groot, maar die dorp suig steeds aan die agterspeen. Die driejaar-begroting sit die oudste dorpie nog verder agter ander Weskus-dorpe in dieselfde munisipaliteit.
Nou, met verkiesings in die lug, verskyn daar skielik veldwerkers op die strate.
- Hulle word betaal.
- Hulle kry kospakkies.
- Daar is beloftes en glimlagte.
- EPWP tydelike werk is ook net altyd beskikbaar voor verkiesings.
Maar die mense van Hopefield en Oudekraalfontein weet al te goed wat gebeur wanneer die stemme getel is. Vir die laaste vyf jaar, en eintlik die laaste 32 jaar gaan die eens pragtige dorp agteruit, terwyl armoede duidelik wys.
Die DA en PA , albei partye het verteenwoordigers met portfolios in die parlement, maar hierdie gemeenskap word net verkiesingstyde besoek.
- Dit is nie net nalatigheid nie.
- Dit is ’n patroon.
- Ons kinders swem in vuil water.
- Ons mense woon in agterplase en asbes-strukture.
- Ons erfenis word met ’n draad toegemaak.
En wanneer die verkiesing kom, word ons skielik weer belangrik.
Die vraag is eenvoudig:
- Wanneer gaan Hopefield ophou om aan die agterspeen te suig?
- Hierdie is feite
- Dit is ons werklikheid.
- En dit is tyd dat mense begin besef.
