Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Gemeenskap Soek Geregtigheid Vir “FARREN”

Posted on October 13, 2026October 13, 2026 By The Editor
Headline

Nadat sy wreeds deur haar  polisie – kêrel vermoor was

Verslaggewer – Isaac Cloete

GARIES:- Dis die smeekgebede van hartseer inwoners van n dorpie, Garies, in die Kamiesberge na die wrede dood van n jong vrou.Farren Maarman (27)  het Sondagoggend wreed gesterf na n stryery met haar polisiekêrel, volgens inwoners hier.  Hy het haar glo eers omgery en later weer oor haar gery, word hier vertel. Hulle glo dis moord en niks anders nie.

Die polisie-woordvoerder, op Springbok, kapt Ivan Magerman, het aanvanklik vertel dat hy nie bewus is nie van n brutale moord nie. Hyt verder vertel dat die Garies-polisie ook nie n wrede moord aangemeld het nie.

Hy het wel later n polisieverklaring gestuur wat lui:

“Die Garies-polisie ondersoek n saak van strafbare manslag na aanleiding van ‘n voorval wat op 11 Oktober 2026, om ongeveer 00:00, in die Hoofstraat, te Garies, plaasgevind het. “By hul aankoms op die toneel het lede op die liggaam van ‘n  vrou afgekom wat langs die voertuig gelê het.”

 

Volgens Magerman het die beskuldigde Maandag op Springbok in die hof verskyn.

Die saak was later na die Garieshof tot Donderdag toe uitgestel.   Die ander klagte wat die polisieman in die gesig staar, is die bestuur van n voertuig onder die invloed van drank.

Die onafhanklike polisie direktoraat (OPOD) was ook al oor die voorval in kennis gestel, het Magerman verder gesê. Intussen is inwoners op Garies boos, hartseer, woedend en soek hulle geregtigheid.

Hulle beplan n groot teenwoordigheid by die Garieshof op Donderdag.

Al wat hulle soek is, geregtigheid vir hulle geliefde Farren… iemand wat haar lewe baie wreed verloor het aan die hand van n geregsdienaar wat veronderstel is om ander te beskerm, volgens haar familie. Dwayne  Dwayne het gesê dat hy vir Maarman goed geken het:

“Sy was n mense-mens gewees met n baie vriendelike persoonlikheid.

‘N baie lieflike persoon met die wêreld se vriende.”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Suspect in Lwandle Mass Shooting 

You may also like

Headline
Lawyer Drags EFF Leader Julius Malema Back to Equality Court
April 20, 2026
Headline
Police Seize Massive Rock Lobsters
March 24, 2025
Headline
Vredendal Farm Death
April 9, 2026
Headline
Repeat Offender – Sentenced 22 Years
March 28, 2025

Recent Posts

  • Gemeenskap Soek Geregtigheid Vir “FARREN”
  • Suspect in Lwandle Mass Shooting 
  • HOPEFIELD
  • MATRIEKAFSKEID KOS DUISENDE
  • Western Cape Police Arrest Suspects

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown