Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

N SWART DAG BY GARIES HOF

Posted on October 19, 2026October 19, 2026 By The Editor
Headline

“Geen borgtog, geen borgtog nie. Justice vir Farren, Justice vir Farren” – was aanhoudend voor die hof geskree deur hofgangers

Verslaggewer – Isaac Cloete

GARIES:- Donderdag was dit binne- en buitekant die Garies-hofgebou pikswart, waartydens ’n polisieman se borgtog aangehoor is. Hiervoor het honderde mense, gekleë in swart en met plakkate, hulle ondersteuning aan die oorledene se familie gaan betoon.

Quinton Cloete (28) staan tereg op die dood van sy meisie, Farren Maarman (27).  Dit nadat hy vermoedelik aspris Sondagoggend, in die vroeë oggendure laat oor haar gery en sy gesterf het.   Die voorval het sowat n paar 100m van Mooi Uitsig, die woonbuurt  naby Garies gebeur.

Bronne het vertel dat die paartjie van n drink- en skinkplek, in Garies, bekend as L&L, gekom het. Blykbaar het Maarman vir  Cloete gekonfronteer oor n ander meisie met wie glo ook hy deurmekaar was. Na n hewige konfrontasie, het die vonke gespat en het uit Cloete se voertuig geklim.

Hierna het hy oor haar gery.

Die honderde emosionele en omgekrapte inwoners in swart het reeds vroeg vanaf Mooi Uitsig, ’n woonbuurt in Garies, na die hofgebou hier opgeruk.In die knap hofsaal was eers net familielede en nabye vriende toegelaat. Hierna kon ander belanghebbendes deur verby die vele polisielede beur vir n staanplekkie.  Verrigtinge het laat begin, terwyl ongeduldig hofgangers laat gewag het. Toe Cloete die hofsaal binne gelei word deur van sy kollegas, was daar n ligte beroering en versugting. Daarenteen  het die groot skare buitekant ondermekaar gemor met “aanvoelbare” afwagting.

Hulle was later rassend toe Cloete na n lang breek en sowat n uur later, weer uit die hof vergesel was. n Vroue-regte aktivis vir Yolanda du Toit, van Matzikama Broken Angels Network, was briesend oor Cloete se voorkeur behandeling.

“Ek het nog nooit in my jare as aktivis, dit by n hof ondervind, wat ek Donderdag by die Garieshof gesien het.”  ” “N verdagte in n moordsaak mag mos nie vrylik in die hofjaart by sy kollegas staan en lag en rook nie.”

“Dit het gevoel asof die misdaad waarvan hy beskuldig word nie so ernstig vir hulle is nie.”Volgens Du Toit, het Cloete ook vrylik met sy familie gemeng en “luxuries” ontvang. Sy het ten slotte genoem dat Cloete se familie in die skade onder ’n afdak voor die hof gesit het.

Daarenteen moes Farren se ma, Wendy Links, met ’n sambreel in die son voor die hof sit.Aiden Links, Maarman se neef, was tevrede met die opkoms en ondersteuning sover. Hy het die petisielyste georganiseer.

Teen druktyd was daar al meer as 2000 geskrewe en aanlyn handtekeninge teen borgtog volgens hom.Mense kan steeds die aanlyn petisie voltooi en pos, volgens Links.

Cloete se saak was uitgestel tot Donderdag, 22 Oktober.

Die beskuldigde staan tereg op moord en dronkbestuur en is in aanhouding tot dan.

Foto’s Verskaf.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Vuurwapen in vroegoggend-klopjag
Next Post: Skietvoorval in Retreat eis Een Lewe ❯

You may also like

Headline
Western Cape Acting Commissioner Attends Court
May 16, 2025
Headline
Hopefield “Left Behind” as Millions Flow into SBM Coffers
April 21, 2026
Headline
 Delft-ma kla polisie aan
April 17, 2026
Headline
House Robbery Ends Bad
March 6, 2025

Recent Posts

  • HOPEFIELD WOMEN LEFT UNPROTECTED
  • Meer as 200 000 Ekstra Kinders
  • Skietvoorval in Retreat eis Een Lewe
  • N SWART DAG BY GARIES HOF
  • Vuurwapen in vroegoggend-klopjag

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown