Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gemeenskap se Inkomste Stop – Skietbaan Maak Weer Oop in Hopefield

Posted on May 27, 2025May 27, 2025 By The Editor
Community

Berig:- George April

HOPEFIELD:-  – ’N Gesin van Hopefield, wat vir jare ’n bestaan maak deur houtwerk, is gister deur wetstoepassers en ’n munisipale voorman gestop.

Uitvoerende Burgermeester:  Andrè Truter – Foto – SBM website

Die rede?

Die omstrede skietbaan buite die dorp, wat twee jaar gelede gesluit is ná sterk gemeenskapsprotes, gaan weer oopgemaak word.  Dit ten koste van dié gesin se enigste bron van inkomste.

Wat hierdie situasie besonder kommerwekkend maak, is dat die skietbaan nie deur plaaslike inwoners gebruik word nie, maar meestal deur mense van buite die dorp.  Vir die inwoners van Hopefield voel dit soos ‘n herhaling van die onderdrukking van die verlede.  ’N herbesoek aan die dae toe hul voorouers uit hul woonbuurt verwyder is en tussen die bosse met klei en riete moes oorbegin.

Die besluite oor hierdie ontwikkeling blyk weer eens geneem te word in die sogenaamde wit woonbuurt, sonder inklusiwiteit of deursigtigheid.  Die mense van Oudekraalfontein voel vasgevang in ’n sisteem waar hul stemme stilgemaak word, en hul bestaansreg ondergeskik is aan buitestaanders se belange.

Die Hopefield Gemeenskaps Forum het Burgemeester Andre Truter van Saldanhabaai Munisipaliteit en DA-raadslid Miranda Schrader genooi om kern vrae van die gemeenskap in persoon te kom beantwoord, by ’n vergadering op Dinsdag 3 Junie om 18:00 in die Thusongsaal. Schrader het al twee keer soortgelyke uitnodigings van die hand gewys.

Truter, intussen, is sedert sy verkiesing in 2021 slegs eenmaal in die bruin woonbuurt van Hopefield gesien.

“Werkskepping en behuising voel soos ’n luukse wat net vir ’n geselekteerde dorpe beskikbaar is,” sê ’n inwoner.
“Wanneer gaan ons wakker skrik en besef,

Genoeg is genoeg?”

Nota van die redaksie:
CCN het nie amptelike media-navrae gerig aan DA-woordvoerders nie. Vorige pogings tot kommunikasie rakende gemeenskapsake is keer op keer geïgnoreer. Indien Andre Truter of Miranda Schrader belangstel om op hierdie verslag te reageer, is hulle welkom om ’n e-pos te rig aan: editor@ccnews.co.za.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Farmworkers Die On The Backs Of Trucks
Next Post: Shock Twist in Joshlin Smith Sentencing ❯

You may also like

Community
Community Spirit Shines on Steenberg High
September 2, 2025
Community
Drie Koelbloedig Doodgeskiet – Gemeenskap in Skok
June 18, 2025
Community
Suspects Quickly Arrested
April 8, 2026
Community
Community Reservists – Join the Team
March 19, 2025

Recent Posts

  • Oproep vir Verpligte Militêre Opleiding vir Jongmense
  • Name Change – West Coast Water Festival
  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown