Deur: CCN Nuusredaksie
Mitchell’s Plain:- ‘N 31-jarige man is in hegtenis geneem in Portlands, Mitchells Plain, op aanklagte van dwelmhandel.
Volgens die polisiewoordvoerder, Anelisiwe Manyana, het lede van Operasie Shanela gister ‘n woning in Michigan Way betree as deel van aanhoudende misdaadbekamping in die gebied.
Tydens die soektog het die beamptes daarin geslaag om 212 mandrax-tablette en 102 bankies dagga op die perseel op te spoor en te konfiskeer.
Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en sal binnekort in die Mitchells Plain Landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.
Die polisie herhaal hul verbintenis tot gemeenskapsveiligheid en waarsku dat sulke operasies sal voortduur in hul stryd teen georganiseerde misdaad.

