Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gesin Geskok Ná Grusame Ontdekking

Posted on August 20, 2025August 20, 2025 By The Editor
Community
Van “vleis” wat Foetus blyk te wees 
Verslaggewer – Felicity Jooste
Delft:- ’N gesin in Wesbank is Maandagaand in skok gelaat ná ’n afgryslike ontdekking: wat hulle gedink het rou hoendervleis was, het in werklikheid ’n menslike foetus geblyk te wees.Volgens Natalie Walton,  het haar suster die “vleis” van ’n man ontvang wat gesê het dit is hoender.  Sy het dit aanvanklik aanvaar met die plan om dit oor die kole te braai en met hom te deel.
“Toe sy egter die plastieksak oopmaak om die vleis te geur, het sy die foetus daarbinne ontdek.  Sy was so geskok dat sy onmiddellik uit die huis gehardloop het en die buurvrou en polisie ontbied het,” vertel Walton.
Sy beskryf die foetus as ’n premature baba dogtertjie.
Walton sê die man het verduidelik dat hy die sak in Mfuleni by ’n onbekende vrou ontvang het, wat aan hom gesê het dit is hoender. Sy het glo ook vir hom brood gegee. “Toe hy Wesbank toe kom, het hy probeer om dit te verkoop, maar omdat my suster nie geld gehad het nie, het hy dit vir haar gegee,” verduidelik sy.
“My suster is baie getraumatiseer. Sy het die polisie gevra of sy berading kan kry oor wat sy gesien het.”
Polisiespeurder ondersoek –  Polisiewoordvoerder FC van Wyk het  bevestig dat die Mfuleni-polisie ’n geregtelike doodsondersoek (inquest) geregistreer het ná die ontdekking.
“Volgens berigte het ’n volwasse man Maandag omstreeks 17:55 die plastieksak in Applebyweg, Wesbank, ontdek terwyl hy na skroot gesoek het.  Die saak is onmiddellik aan die polisie gerapporteer. Die foetus is aan Forensiese Patologie-dienste oorhandig vir verdere ontleding en om die moontlike oorsprong vas te stel,” het Van Wyk gesê.
Die ondersoek duur voort en daar is nog geen arrestasies gemaak nie.  Enigiemand met inligting word versoek om speurder sersant Vuyelwa Tshetsha by 021 909 9670 te kontak, of Crime Stop by 08600 10111, of die MySAPS-toep anoniem te gebruik.
Bewustmaking van alternatiewe
Hierdie voorval volg kort ná die ontdekking van ’n foetus by die Klapmuts-rioolpompas. Die Helderberg Baby Saver herinner intussen weer aan die beskikbaarheid van hul diens vir swanger vroue in krisis.
Die Baby Saver, bestuur deur Khethani Women’s Wellness in Somerset-Wes, is 24 uur per dag beskikbaar. Wanneer ’n baba in die eenheid geplaas word, sluit dit outomaties en word ’n alarm geaktiveer. ’n Reaksiespan word onmiddellik ontbied en die baba word medies ondersoek en na Helderberg-hospitaal geneem. Die saak word daarna aan maatskaplike werkers oorgedra.
Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: SA Van Wyk – Celebrates Golden Jubilee
Next Post: Stepfather Sentence for Life for Decades of Sexual Abuse ❯

You may also like

Community
Oproer in Noordhoek
May 2, 2025
Community
Learner Seriously Injured outside Cedar High
April 23, 2025
Community
Hopefield – Waar is Ons Begroting
July 28, 2025
Community
1 Year Anniversary of Disappearance
February 10, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown