Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


United for Change – Samekoms van Gelykes

Posted on October 6, 2025 By The Editor
Headline

Verslaggewer – George April

Kaapstad:- Drie Partye Smee Alliansie: ‘Unite for Change’ Stel Nuwe Politieke Middelpunt Bekend.

Suid-Afrika se politieke landskap het Maandag 6 Oktober 2025  ’n groot skuif beleef met die stigting van ’n nuwe politieke beweging,  “Unite for Change”, wat beloof om ’n “geloofwaardige en verenigde alternatief” te bied vir die 2026-plaaslike verkiesings.

Die eerste drie partye wat saamspan is Build One South Africa (BOSA), GOOD, en RISE Mzansi. Die beweging sê hulle doel is om hoop, stabiliteit en waardigheid terug te bring na dorpe en stede regoor die land.

GOOD-leier Patriciade Lille het die stap beskryf as ’n keerpunt:

“Unite for Change is meer as net ’n nuwe party,  dit is ’n inklusiewe rigting.  Suid-Afrika het bekwame mense; ons moet hulle verenig en die legitimiteit van ons regering herstel.”

Die Leiersraad van die nuwe beweging sluit in Dr. Mmusi Maimane, Patricia de Lille, Songezo Zibi, Nobuntu Hlazo-Webster, Vuyiswa Ramokgopa, en Brett Herron.

Volgens die verklaring is hierdie nie ’n koalisie van gerief nie, maar “’n samekoms van gelykes” wat saamstaan vir vyf kernprioriteite:

1. Bevoegde en Eerlike Leierskap, weg met kaderontplooiing en korrupsie.

2. Plaaslike Ekonomiese Herstel,  werkskepping deur plaaslike beleggings en nuwe sektore.

3. Basese Dienste vir Almal; water, krag, behuising en gesondheid as menseregte.

4. Veiligheid en Geregtigheid,  misdaad en onwettige optrede word direk aangepak.

5. Digitalisering – gebruik van tegnologie om korrupsie te beperk en beplanning te verbeter.

Hoewel “Unite for Change” as ’n nuwe party by die OVK (IEC) geregistreer word, bly BOSA, GOOD en RISE Mzansi voortbestaan met hul huidige mandaat.

Die nuwe beweging nooi ook ander partye, gemeenskapsorganisasies en gewone burgers om aan te sluit in die stryd om plaaslike regering te herstel.

“Politici alleen kan nie die land bou nie,” lui hul verklaring. “Ons het almal nodig,  besigheid, burgerlike samelewing en gemeenskappe.”

Met ’n reeks gemeenskapsdialoë wat later vandeesmaand begin, beloof Unite for Change om die stem van gewone mense in hul beleid te veranker.

Publieke reaksie word afgewag,  politieke waarnemers sê die samewerking tussen hierdie drie partye kan die begin wees van ’n nuwe middelgrond in Suid-Afrikaanse politiek. Ander vra egter of dit ’n daad van oorlewing is, of die geboorte van werklike verandering.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Police Commended After Dramatic Chase & Weekend Firearm Arrests
Next Post: Three Lives Lost in Tragic Kosovo Informal Settlement Fire ❯

You may also like

Headline
Suksesvolle Polisie – Operasie
August 22, 2025
Headline
Groot Wapenfonds in Ravensmead
March 1, 2026
Headline
  Massive R115 Million Counterfeit Goods Seizure in Bellville Crackdown
December 17, 2025
Headline
Violent Stabbings Reported in Western Cape
March 23, 2026

Recent Posts

  • Ottery Community in Mourning – Gun Violence Claims Another life
  • Hopefield “Left Behind” as Millions Flow into SBM Coffers
  • Gewapende rooftog
  • LIFE IMPRISONMENT FOR GBV
  • National Police Commissioner in Court Today

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown