Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Gemeenskapsleiers staan op teen Law Enforcement-ingryping

Posted on February 28, 2025February 28, 2025 By The Editor
Uncategorized

Van Rhynsdorp – Die gemeenskap van Van Rhynsdorp is in oproer na die behandeling van Johanna Filander, ‘n plaaslike gemeenskapsleier, deur Law Enforcement beamptes se optrede vanoggend.

Filander, wat besig was om ‘n tuin op die sypaadjie voor haar huis aan te lê, het ‘n boete van R200 ontvang en moet op 10 April in die hof verskyn.  Filander het dit duidelik gestel, dat sy beslis weier om enige boete te betaal, of dat sy haar tuin gaan verwyder.

Volgens Filander het die voorval hierdie Vrydagoggend 28 Februarie begin,  toe Law Enforcement by haar opdaag en beweer dat hulle klagtes ontvang het oor haar tuin.  Hulle het toe gevra vir haar besonderhede, om haar ‘n boete te gee vir haar “onwettige tuin.” Sy het na bewering alle persoonlike besonderhede verskaf, maar het geweier om haar ID-nommer te verskaf.  Een van die lede het toe ‘n oproep gemaak, en  dit het daartoe gelei dat ‘n senior beampte van Law Enforcement glo opdrag gegee het dat sy in hegtenis geneem moes word.

Filander het egter geweier om in ‘n voertuig gelaai te word en het verkies om self na die polisiestasie te loop, aangesien Law Enforcement nie aanhoudingselle het nie’, het Filander telefonies vertel.  By die polisiestasie het die SAPD glo geweier om betrokke te raak en haar toe te sluit. “Ek het ‘n geruime tyd daar rondgestaan,  terwyl ek gewag het op Law Enforcement se volgende stap.” het sy voortgegaan. Dit was toe dat gemeenskapsleiers opgedaag het, en geëis het dat ek onmiddellik vrygelaat moet word om huis toe te gaan, (Alhoewel ek nie toegesluit was nie)

Die voorval het wyd reaksie ontlok, met ‘n gemeenskapsleier van Saldanhabaai munisipaliteit, wat in ‘n stemboodskap sy ontevredenheid uitgespreek het.  Hy het daarop gewys dat hierdie tipe optrede ondenkbaar in ander munisipaliteite soos Kaapstad of Saldanhabaai sou wees.

“Daar moet konsekwentheid wees in die toepassing van munisipale wette.  Munisipale bywette is net so van toepassing op wit gebiede as op enige ander gebied.  “Dit is beslis onaanvaarbaar en oneties van wetstoepassers om die wet onpartydig toe te pas.” Hy het verder benadruk dat hierdie aangeleentheid gechallenge moet word, en het versoek dat ‘n vergadering met die burgemeester se komitee-lid vir wetstoepassing dringend opgeroep word. “En dit moet gebeur voordat die vrou in die hof moet verskyn”, het hy benadruk.

Volgens Filander voel sy dat sy geviktimiseer word deur die plaaslike DA-raadslid Christo Kitto Boks, wat haar glo reeds verlede week versoek het om haar tuin te verwyder.  Filander wys egter uit dat soortgelyke tuine algemeen in wit woonbuurte gesien word, en sy het foto’s as bewys verskaf.  Waarom moet sy haar tuin verwyder terwyl ander ongestoord voortgaan?

Intussen het Cape Coast News (CCN) besluit om nie amptelike navrae aan Law Enforcement of die polisie te rig nie, aangesien Filander haar kant van die storie volledig gestel het. Indien Law Enforcement, die polisie of Christo Boks kommentaar wil lewer, staan dit hulle vry om dit te doen deur 067 074 5040 te skakel of ‘n e-pos na gcapril1@gmail.com te stuur.

CCN het intussen navrae oor ander voorvalle in Malmesbury aan die polisie gestuur en het ‘n outomatiese reaksie ontvang, waarin dit aangedui word dat CCN  binne sewe dae ‘n antwoord kan verwag.  Hierdie gebeure werp ‘n skerp lig op die onsekerheid rondom munisipale wette en hoe dit toegepas word.  Is daar regtig ‘n gelyke toepassing van die wet, of word sekere inwoners geteiken?

Die gemeenskap wag nou op antwoorde.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Wave of Gun Violence Hits
Next Post: Armed Robbers Captured ❯

You may also like

Uncategorized
Key Arrests – Grassy Park & Delft
April 2, 2025
Uncategorized
Power of Kindness
March 11, 2025
Uncategorized
Fierce Mountain Fire Rages
March 4, 2025
Uncategorized
Eskom & Police Crack Down on Illegal Connections.
March 27, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown