Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Twee Brandsterftes Skok Nama Khoi-gemeenskap

Posted on October 24, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer –  Isaac Cloete

Springbok:- Die Nama Khoi-distrik is hierdie week in rou gedompel ná twee afsonderlike brandverwante sterftes wat binne slegs twee dae plaasgevind het.In die jongste voorval is Debbie Hollenbach (49) Maandagnamiddag tragies in haar wendyhuis in Nababeep, naby Springbok, dood toe die struktuur aan die brand geslaan het.  Volgens inwoners het die voorval kort ná 18:00 plaasgevind.

Polisiewoordvoerder kaptein Magerman het bevestig dat geen vuilspel op hierdie stadium vermoed word nie.

“Volgens inligting het die oorledene ongeveer 18:00 by haar woning opgedaag, die deur gesluit en daarna is die woning aan die brand gesteek.  ’n Lykskouing sal die presiese oorsaak van haar dood bepaal,” het Magerman gesê.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om speurder Enrico Cloete by 082 302 0021 te kontak, of om anoniem in te skakel by die Misdaadstopnommer 08600 10111.

Hollenbach was die oudste dogter van die oorlede meester Bennie en Moekie Hollenbach, bekend en geliefd in die Nama Khoi-gemeenskap.  Haar jonger suster, Genene Hollenbach, wat tans in Spanje woon en ’n bekende sanger en liedjieskrywer is,  sal na verwagting hierdie naweek in Suid-Afrika arriveer om die begrafnis by te woon.  Die diens sal volgende Saterdag in die VGK te Nababeep plaasvind.

Die tragedie volg slegs twee dae ná ’n ander noodlottige brand waarin Johan van Rooyen, ’n plaaslike mynbestuurder, Saterdagaand gesterf het. Hy het op die Buffelsrivierpad naby Eselsfontein omgekom nadat die bakkie waarin hy en sy vriendin gereis het, aan die brand geslaan het. Sy metgesel het volgens berigte geringe brandwonde opgedoen.

Beide sterftes het groot ontsteltenis in die streek veroorsaak, met inwoners wat hul medelye teenoor die families uitspreek en die gemeenskap vra om mekaar in hierdie moeilike tyd te ondersteun.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: South Africa: A Nation Divided by Politics – Not People
Next Post: “George word Hung Counsel – DA se Grip Glip” ❯

You may also like

Community
“Communities Are Failing Their Children – And Only Communities Can Fix It “
November 21, 2025
Community
“Where Do All These Guns Come From?”
October 24, 2025
Community
A United Call to Uplift Rural Youth
June 17, 2025
Community
From Manenberg to the High Court
November 11, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown