CCN Nuus
Kaapse Vlakte:- ’N naweek van bloedige geweld het die Kaapse Vlakte in rou gedompel, met 22 mense dood en 16 ander kritiek beseer in ’n vlaag van skietvoorvalle en steekpartye.
Die voorvalle het vanaf Vrydag 24 Oktober tot Sondag 26 Oktober 2025 plaasgevind.
Die voorvalle het oor verskeie gebiede versprei, waaronder Mitchells Plain, Manenberg, Lavender Hill, Delft, Bonteheuwel, Seawinds en Kraaifontein, en dui op ’n kommerwekkende styging in bendeverwante misdaad en geweld regoor die Kaapse Vlakte.
VRYDAG – 24 OKTOBER
Tafelsig, Mitchells Plain: Twee geskiet, een oorlede.
Tafelsig: Man doodgeskiet in Corridor- & Paulsbergstraat.
Steenberg: Man en vrou geskiet; man dood, vrou beseer.
Manenberg: Egpaar by Engen-garage geskiet; vrou later in hospitaal oorlede.
SATERDAG – 25 OKTOBER
Delft (The Hague): Een doodgeskiet in Aerobatstraat.
Manenberg: Twee beseer in Ruimtestraat.
Lavender Hill: 19-jarige jong man doodgeskiet in Aspelinghof.
Clarke Estate, Elsiesrivier: Vrou doodgeskiet in Nortmead Court.
Retreat: Man doodgeskiet op hoek van 11de Laan en Retreatweg.
Seawinds: Een geskiet in Overcome Heights.
SONDAG – 26 OKTOBER
Malmesbury: Een doodgeskiet in Chatsworth-gebied.
Bonteheuwel: Seun steek sy pa dood in Almondstraat.
Lotusrivier: Vyf geskiet; een dood, vier kritiek.
Seawinds: Vrou doodgeskiet in Overcome Heights.
Kensington/Factreton: Een doodgeskiet in Venturastraat.
Beacon Valley: Vrou doodgeskiet in haar motor.
Bonteheuwel: Man in kop geskiet; dood op toneel.
Wallacedene: Een kritiek beseer in Boesakstraat.
Heideveld: Drie geskiet naby stasie; een dood, twee kritiek.
Manenberg: Twee afsonderlike voorvalle in Irvine- & Letabastraat; albei beseer.
Maitland: Een dood in bende verwante skietery in Discoverylaan.
Manenberg: Een dood in Vuillababsstraat.
Phillipi: Man en vrou doodgeskiet in ’n bosgebied.
Eastridge: Twee geskiet in Daphnestraat; een dood, een beseer.
Gemeenskap Reaksie en Polisie Optrede
Geleenthede soos dié laat inwoners met ’n groeiende gevoel van vrees en magteloosheid. Baie gemeenskappe vra nou vir sterker polisiëring en onmiddellike ingryping deur die Minister van Polisie en die Metro Polisie, aangesien bendegeweld steeds lewens eis, dikwels van onskuldige slagoffers.
’N gemeenskapslid van Lavender Hill het telefonies aan CCN gesê: “Ons is moeg om elke naweek skote te hoor. Dis asof mense se lewens niks meer werd is nie. Ons kinders groei groot in vrees.”
Volgens berigte is geen arrestasies nog gemaak in die meerderheid van die voorvalle nie, en ondersoeke is aan die gang.
Bron: @Abramjee op X (Twitter)
#CapeFlats #Mithell’sPlain #Manenberg #Bonteheuvel #Seawinds #LavenderHill #KaapseVlakte #Misdaad #Bendes #CCNNuuskanaal
