Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Van Straat na Springbok Droom

Posted on March 8, 2026March 8, 2026 By The Editor
Community

Hopefield – Organisasie begin O/19 7’s Rugbyspan vir jong talent.

CCN Verslaggewing

HOPEFIELD:- Die gemeenskaps organisasie West Coast Sports Solutions (WCSS) op Hopefield, doen ’n dringende beroep op organisasies, rugbyklubs en sportleiers in die Weskus Distrik Munisipale streek om hande te vat en jongmense ’n nuwe kans deur sport te gee.Vir die afgelope vier jaar ontvang WCSS gereeld uitnodigings om aan sport geleenthede in die Kaapse Skiereiland deel te neem.  Hierdie uitnodigings het die organisasie laat besef dat daar ’n groot behoefte in die Weskus bestaan om meer geleenthede vir jong sporttalent te skep,  veral vir jongmense wat nie meer op skool is nie.

WCSS beplan nou om ’n O/19′  7’s rugbyspan op die been te bring,  ’n span wat nie net vir skoolgaande spelers bedoel is nie, maar veral vir die duisende seuns wat vroeg die skool verlaat het en dikwels sonder rigting of aktiwiteit op straat rondloop.
“Die redes hoekom ’n kind skool verlaat, is nie ons fokus nie,” sê die organisasie. “Ons fokus is op die ledigheid van daardie jongmense, en hoe sport hulle lewens kan verander.”

Volgens WCSS het baie van hierdie seuns ongelooflike talent wat eenvoudig nog nooit raakgesien of ontwikkel is nie. Met die regte ondersteuning kan sport vir hulle dissipline, hoop en nuwe geleenthede bring.

Die organisasie beklemtoon ook dat dogters net so belangrik is in hul breër sportvisie.
’n Groot uitdaging bly egter dat skole se sportbeleid nie toelaat dat spelers wat nie skoolgaan nie, aan skoolkompetisies deelneem. Dit beteken jong spelers sonder ’n skoolspan kry min of geen kans om hul talent te wys.

In die Kaap word sportgeleenthede deur organisasies soos JBC Foundation en Starter Academy gereël, wat deur die jaar verskeie sportevents aanbied,  by oorbeeld die groot driedaagse sportdag wat einde Maart in Mitchell’s Plain plaasvind.
Vir WCSS het die uitnodiging egter te laat gekom om logistiek gereed te wees vir deelname van Hopefield se spelers.

Tog bly die droom groot.
Na die organisasie se planne onlangs bekend gemaak is, het ’n inwoner die WCSS-span gevra om met ’n jong speler oor dié rugbyvisie te praat.  Die gesprek het plaasgevind met ’n student van West Coast College, en sy reaksie was vol opgewondenheid.
“Hy kon nie glo dat daar dalk ’n kans vir hom en ander jong spelers kan wees nie,”

Volgens WCSS is daar duisende jong rugbyspelers in die streek wat tans in 15-man spanne speel, maar baie van hulle sou graag 7’s rugby wou probeer as hulle die geleentheid kry.
“Kom ons gee hulle daardie kans,” sê die organisasie. “Vandag speel hulle dalk net op ’n grondveld saam met vriende,  maar môre kan een van hulle in ’n South Africa national rugby union team-trui hardloop.”

WCSS glo dat die krag van gemeenskapsondersteuning die verskil kan maak.
“Wanneer gemeenskappe saamwerk, gebeur ongelooflike dinge. Kom ons vat hande – rugby kan ’n lewe verander.”

Organisasies, rugbyklubs en individue wat wil help met oefenwedstryde, ondersteuning of samewerking, kan West Coast Sports Solutions kontak om deel te word van die inisiatief.

“Ons jongmense het talent. Al wat hulle nodig het, is ’n kans.” 🏉

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Gulf Oil Giants Turn Backs on America
Next Post: Manhunt Underway after Four Shot Dead ❯

You may also like

Community
Korrupsie in Boland Klubrugby – Voorsitter Skorsing Bevraagteken
August 14, 2025
Community
TUNE IN TODAY– Tuesday !
June 30, 2025
Community
Off – Duty Firefighter Fatally Stapped
January 8, 2026
Community
  Two Men Gunned Down in Athlone Hours Apart
May 22, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown