Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Ongewone begrafnis sorg vir meer drama

Posted on March 25, 2026March 25, 2026 By The Editor
Headlines

Die Kinderlê-begrafnis was in vele opsigte buitengewoon en omstrede, want…

Verslaggewer – Isaac Cloete

Namakwaland:- Die (massa) herbegrafnis het Maandag, 23 Maart, by Kinderlê, naby Steinkopf plaasgevind. Voor, tydens en na die verrigtinge was daar meer vrae as antwoorde.Eerstens was die oorskotte van die 64 Nama-en KhoiSan-afstammelinge identiteitloos en onbekend, al was hulle van SA, het mense gemor.

Verskeie mense het selfs gevra of daar werklik beendere in al die kiste (64) was. Ander wou weet waarvandaan die voorvaders  oorspronklik gekom het. Of waar hulle afstammelinge of families tans is.

Asof dit nie genoeg was nie, word die amptelike voorvaderlike begrafnisrituele by Kinderlê uit verskeie oorde en vanaf sommige mense bevraagteken. Hulle voer aan dat die Nama- en KhoiSanmense onteer en disrespekvol behandel was.

Kapt Paul Swartbooi van die Nama’s het vertel dat die hele proses en herbegrafnisgebeure niks minder nie as ’n skande was.

“Hierdie proses, was veronderstel om ons voorouers met waardigheid, respek en eer te herdenk.  “Dit was eerder oorskadu deur politieke agendas, gebrekkige konsultasie en ’n blatante minagting aan plaaslike gemeenskappe.”

Swartbooi het intussen n formele klag teen die Suid-Afrikaanse regering gelê by die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissi. Die klagte is:

Die onmenslike en onaanvaarbare hantering van die oorskotte van ons voorouers. Hy voer verder aan dat van die grafte van die voorouers steeds oop lê.  Dat dit te vlak is en maklik sal wegspoel na swaar reëns.

“Hierdie grafte lê op heilige grond, dis wat Kinderlê is.

“Die feit dat dit oop gelaat is, stel die oorskotte bloot aan vandalisme “Verder skend dit alle vorme van menswaardigheid en kulturele respek.”

Presidant Cyril Ramaphosa was die hoofspreker.  Hy het sterk beklemtoon dat dit n voorreg was om op heilige grond by Kinderlê te staan.

“Dit was die diefstal van lyke, wat onwettig uitgegrawe was tussen 1868 en 1924. “In Europa was dit gebruik as ‘eksotiese monsters’ en navorsingsvoorwerpe.

“Hierdie seremonie het dus ten doel om die waardigheid van hierdie Eerste Nasie mense te herstel.”

Volgens hom is n verskoning nie genoeg nie, maar ook repatriasie, resgtelling en veral vergoeding aan die inheemse mense. Om hierdie rede sal daar met die Skotse regering en ander regerings onderhandel moet word.

Ramaphosa het ook vertel dat die erkenning van die inheemse mense, as tradionele leiers, aandag kry en dit binnekort afgehandel behoort te wees

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Six Years for Double Culpable Homicide
Next Post: Gemeenskap Waaksaamheid in Atlantis ❯

You may also like

Headlines
Good Party Proposed Alternative
April 7, 2025
Headlines
Santaco Denies False Claims
August 18, 2025
Headlines
South African Falling Hero’s
February 13, 2025
Headlines
Accountability and Representation
November 7, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown