Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Boland Rugby Unie Moet Sy Huis in Orde Kry.

Posted on May 5, 2025May 5, 2025 By The Editor
Headlines

Onprofessionele Skeidsregters Vergal Die Spel

Berig – George April

HOPEFIELD:- Wanneer die “groen en pers” OUTsurance-skeidsregters opdaag op ’n Weskus-rugbyveld, word daar in die dorp gefluister: “Drink jou bloeddrukpille, die ref is terug.”

Foto – Google.com

Hierdie tong-in-die-kies waarskuwing dra egter ’n dieper waarheid,  spelers, toeskouers en selfs onderwysers verloor vertroue in die integriteit van plaaslike rugbywedstryde.

Cape Coast News (CCN) het reeds in April verslag gedoen oor die Paastoernooi op Piketberg.  Na die plasing van die berig,  het verskeie klubs en toeskouers voice notes op CCN se WhatsApp-groep gedeel, waarin ernstige klagtes oor partydigheid en arrogansie van skeidsregters geopper word.  ’n Velddrif-ondersteuner het byvoorbeeld gesê dat hul span uit die kompetisie geboender is weens “skeidsregters wat besluite geneem het wat eenvoudig nie sin maak nie.”  Een so ’n insident het ingesluit ’n strafskop wat deur twee lynregters as mis aangedui was,  teenstrydig met die waarneming van die skeidsregter.

In Moorreesburg het ’n O/19-wedstryd in ‘n klug ontaard, toe ’n OUTsurance-skeidsregter se hantering van die wedstryd, ouers en spelers woedend gelaat het.  Volgens ‘n voice note het ’n skoolhoof selfs in frustrasie uitgeroep dat die man “artritis tot in sy boude” het,  so swak was sy oordeel.  “Spelers het self-begin vra, hoe blaas hierdie ref eintlik?” sê die nota. Die atmosfeer was so gespanne, dat ’n ontspanningsdag vir die kinders ontaard het in wantroue en woede.

Nog ’n voorval in Stompneusbaai het daartoe gelei dat ’n skolewedstryd glad nie kon begin in die twede helfde nie. ’n Skoolhoofde en afrigters  het die skeidsregter versoek om die wedstryd regverdig te hanteer.  Die ref se reaksie: “Ek is nie bang vir Boland nie, julle kan maar klagtes stuur,  ek blaas die wedstryd soos ek wil.”

‘N woedende toeskouer het hom gekonfronteer met; “Ons betaal jou, moenie ons kinders se wedstryd verwoes nie.” Maar die skeidsregter het aangehou met sy arrogante houding, en die mense versoek om die veld te verlaat.

Die wedstryd is nooit weer begin nie.

Selfs afgetrede skeidsregters en afrigters het begin reageer.  Een het met hartseer verwys na wyle Dr Danie Craven se woorde: “Rugby is ’n brugbouer – of jy bou vriendskappe, of vyandskap.” Hy het beklemtoon dat party skeidsregters geen selfrespek het nie, en dat hul gedrag op die veld verdeeldheid, frustrasie en selfs geweld aanmoedig.  Die betrokke afrigter het ’n persoonlike verhaal gedeel van sy seun wat tydelik verlam was, volgens hom as gevolg van swak afrigting en swak skeidsregtering.

Sedert CCN se eerste berig is verskeie formele navrae aan Boland Rugby, SA Rugby en OUTsurance gestuur, maar tot dusver is daar geen reaksie ontvang nie, ten spyte van ’n redelike sperdatum van sewe dae.

Hierdie stiltes spreek boekdele.

Die tyd vir afskeep is verby. Boland Rugby Unie móét sy huis in orde kry. Die klagtes is nie geïsoleerd nie, hulle is wydverspreid en herhalend.  Rugby se kernwaarde,  respek, is in gedrang.  En OUTsurance sal moet besluit of hulle hul naam wil verbind aan ’n kompetisie, waar skeidsregters blykbaar eerder speel as fluit.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Firefighters Day – May 4
Next Post: Collision between a Minibus Taxi and a Bakkie ❯

You may also like

Headlines
Tragic Snake Bite in Stompneus Bay
February 13, 2025
Headlines
Twee Kinders Gewond in Verskriklike Bende-skietvoorval in Cloetesville
December 8, 2025
Headlines
Heartbreaking Eastern Cape Flood Story
June 11, 2025
Headlines
Police Killings – Western Cape Police Commissioner Vows Justice
May 30, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown