Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie

Posted on April 1, 2026April 1, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

NAMAKWALAND:- Gemeenskappe van twee Noord-Kaapse dorpe is in rou na die gru-dood van twee jongmense.Foto – Mia Berry

Jade Makaties van Matjieskloof, Springbok en Mia Berry van Kakamas het Sondagoggend wreed gesterf.  Die twee was voetgangers op die pad tussen Matjieskloof en Springbok toe n bakkie hulle getref en hulle dood veroorsaak het.

Kapt Ivan Magerman het gesê:

“Die ongeluk het Sondag-oggend net voor drie-uur op die R355 gebeur. “Daar word geglo dat die oorledenes voetgangers was. “Verdere inligting dui daarop dat hulle vermoedelik deur n Toyota Hilux bakkie getref was.”

Jade se nooientjie, Malaika Engelbrecht, was stukkend maar baie dapper as sy vertel: “Ons was vir nege jaar saam met baie ups en downs.

“Hy was my eerste boyfriend en ook my laaste. “Jade was nie net n boyfriend vir my nie, maar die beste deel van my lewe. “Hy het baie vir my beteken en het alles gedoen om my gelukkig te hou. “Hiervoor is ek hom ewig lief.”

Aan Jade se mammie, Gene Makaties, was sy tekkie gebring, wat iemand op die ongelukstoneel gekry het. Sy het hartseer gesê:

“Jade was my tjeent, oog-appel en baie spesiaal vir my. “Ek kon op hom staatmaak en hom verbie sonder dat hy sou terugpraat.

“Ek het my lewe vir hom gegee en vir hom gewerk.”

Jade was bekend, bemind en n baie goeie sokkerspeler.  Hy kon met enige een praatjies aanknoop en vriende maak.

Die ongeluk het gebeur by die eerste skerpdraai links vanaf Springbok, rigting Matjieskloof.  Dis net bokant die halfversteekte afdraai na Uitkyk Insleepdiens, op Springbok.

Verder is vasgestel dat die driver van die bakkie in die hospitaal opgeneem is, weens die aard van sy beserings.

Volgens verdere inligting het Berry die afgelope naweek by vriende in Matjieskloof gaan kuier.  Sy was glo n student by die Vredendal kollege in die Wes-Kaap.

Magerman het vertel dat die polisie n saak van strafbare manslag ondersoek.  Diegene met relevante inligting kan vir speur/sers  Arno Heyns kontak by 082 495 5285.

Die Noord-Kaapse regering het al begin om die ongelukke tydens die Paastydperk op paaie hier te beperk.

Volgens die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Limakatso Koloi, is dit die doel om Paasfees te vier sonder om te rou.  Maar ook om te bestuur om lewend by jou bestemming aan te kom.

In haar onlangse  hooftoespraak het sy die veiligheid van voetgangers op ons paaie beklemtoon en gesê dat bestuurders sowel as voetgangers altyd waaksaam moet wees wanneer hulle oor paaie ry en loop.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Voorval op plaas naby Vredendal
Next Post: Suspected smash-and-grab criminal shot and killed ❯

You may also like

Headline
Breaking News – Follow-Up
November 18, 2025
Headline
Pro Bona Legal Help Desk Launched at WC High Court
August 5, 2025
Headline
Gun Violence and Illegal Firearms
February 23, 2025
Headline
Confusion and Ethical Questions Surround Report on Late Councillor Bjorn Witbooi
November 6, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown