Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Moorde duur voort op die Kaapse Vlakte

Posted on July 9, 2026 By The Editor
Community

Ondanks Weermag Teenwoordigheid

Verslaggewer – George April

Kaapstad:- Sewe mense is gisteraand (Woensdag 8 Julie 2026) in twee afsonderlike skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte doodgeskiet, terwyl vyf ander beseer is. Die voorvalle het binne minder as ‘n halfuur plaasgevind.

In die eerste voorval in Tafelsig, Mitchells Plain, het gewapende verdagtes kort na 20:00 op vyf mans buite ‘n spaza shop in Laure Street en 8th Avenue, Lost City, losgebrand.  Drie slagoffers, onderskeidelik 18, 19 en 51 jaar oud,  is op die toneel dood verklaar.  Twee ander (17 en 22) is in die hospitaal opgeneem.

Kort daarna, omstreeks 20:30, is sewe mense in Philippi East (Marcus Garvey-gebied) geskiet.  Vier jong slagoffers tussen 17 en 20 jaar oud het gesterf, terwyl drie ander beseer is.

Polisie ondersoek beide voorvalle as moorde en die motief is nog onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie.

Polisie soek inligting

Kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het bevestig dat ernstige geweldsmisdaad-speurders die sake lei.  Hy doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om Crime Stop te skakel by 08600 10111 of die MySAPS-app anoniem te gebruik.

Polisie het ontplooiings in die betrokke areas verhoog om verdere geweld te voorkom en sigbare teenwoordigheid te verseker.

Konteks: Operasie Prosper

Die voorvalle kom te midde van die aanhoudende ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) onder Operasie Prosper.  Die weermag steun die polisie sedert vroeër vanjaar met sigbare patrollies en operasies teen bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Ten spyte hiervan duur die geweld voort, en baie inwoners vra of die ontplooiing genoeg verskil maak om die bende probleem te bekamp.

Weskaapse polisiebestuur het die voorvalle sterk veroordeel en belowe om die skuldiges voor die gereg te bring.

Enigiemand met inligting word dringend versoek om polisie te kontak en alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Trump’s FIFA Call Sparks Soccer Storm
Next Post: Public Protector Finds City of Cape Town Failed ❯

You may also like

Community
Drie Koelbloedig Doodgeskiet – Gemeenskap in Skok
June 18, 2025
Community
Nog ‘n Bloedige Naweek in Kaapstad
September 8, 2025
Community
Kaapse Vlakte In Skok – 5 Jarige Doodgeskiet en…
July 31, 2025
Community
Elderly Man Nabbed in Pumlani Village
July 29, 2025

Recent Posts

  •  Five Changes, but is Rassie Solving the Right Problem?
  • Operation Prosper
  • Die Bokke se Nederlaag
  • Hopefield se Grootste Probleem
  • Goue Spele – vier Aktiewe en Gesonde leefstyl

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown