Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Astrante Eskom Loop Hulle Vas

Posted on July 26, 2026July 27, 2026 By The Editor
Community

Teen Moedige Gemeenskappie

Verslaggewer – Isaac Cloete

Namakwaland:- Die kragreus Eskom, is tans in ‘n felle stryd gewikkel met die Pella-gemeenskap.Die geveg spruit voort uit kragpale wat Eskom onwettig op die gemeenskap se grond, naby Leikamp, geplant het, volgens Ina Basson, voorsitter van Vrywillige, Vooraf en Voortdurende Ingeligte Toestemming-organisasie (VVVT).

Voor dit het Eskom die gemeenskap R15 000 aangebied om ses pale oor 15 km te plant. Dit was later verhoog na R89 000, na samesprekings met die gemeenskap en die gemeenskaplike eiendomsverenigings (CPA).

Dit was ook deur die gemeenskap afgeskiet.

“Ons het toe ‘n resolusie opgestel, waarin ons gevra het dat Eskom eerder ons krag moet opgradeer na 60 amp per woning.

“Verder moes Eskom ook boorgate vir die veeboere aan die buitewyke van Pella maak.”

Eskom het intussen van die pale gaan plant sonder die gemeenskap se medewete. En dit nogal in die aand, het inwoners vertel.

Hulle het toe groepe gevorm en Eskom-werkers van hulle grond afgesit. Hulle waak nou dwarsdeur die nag én dag op hul grond om te verhoed dat Eskom verder werk.

Roma Simboya is die onder-sekretaris van die CPA.

Volgens haar moet Eskom na die Pella gemeenskap luister, want dis hulle grond. Of alles stop.

Intussen het die VVVT NAMAKWA, hulle onvoorwaardelike steun aan die Pella-gemeenskap gegee. Luidens n verklaring sê hulle:

“Die gemeenskap van Pella staan saam om hul grond te beskerm.

As wettige grondreghouers laat hulle hul stem hoor en herinner almal dat ontwikkeling nie sonder die gemeenskap se toestemming kan plaasvind nie.

Die mense van Pella bly standvastig in die beskerming van hul grond, hul regte en hul toekoms.

Pella se mense sit en wag vreedsaam op hul grond.

Eskom moet eers die nodige prosesse met die gemeenskap suksesvol afhandel voordat enige verdere werk op hul grond kan voortgaan.

Dis ons mense se grond, regte en toekoms.”


 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
Next Post: Man sterf tydens arrestasie in Bellville ❯

You may also like

Community
46-Year-Old Man Fatally Shot in Eastridge
May 19, 2025
Community
Rest in Power Queen Ayesha
July 21, 2025
Community
Update – Emergency Helpline Numbers
March 23, 2025
Community
Die Van Rhynsdorp Kopseer
March 26, 2025

Recent Posts

  • Rassie Erasmus Hit With Six – Match Ban
  • Who decides how Hopefield’s Community Funding is Spent?
  • Phelan’s Hopefield Green Hydrogen Application
  • 61-jarige in hegtenis
  • SmartStart reageer op Hopefield-vroue se kommer

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown