Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Marigolds lig Trofee ná Riller-Eindstryd

Posted on October 26, 2026October 26, 2026 By The Editor
Sport

Teen Nababeep

Verslaggewer – Isaac Cloete

GARIES: – Marigolds RFC van Garies het Saterdag in ’n dramatiese Afdeling 1-finaal van die Kangnas Rugbykompetisie met 34-31 teen Nababeep RFC geseëvier op McCloud Park in Nababeep.

Marigolds RFC van Garies is die nuwe rygby – kampion in Afdeling 1 van Namakwaland Rugby

Die wedstryd, wat byna 45 minute later as beplan begin het, was van meet af gelaai met spanning. Eers is ’n lynregter beseer en kort daarna die skeidsregter self. Beide amptenare moes vervang word, wat die drama net verder aangevuur het.

Nababeep het soos ware kampioene begin en gou met 10-0 voorgeloop ná twee vroeë drieë.  Die tuisspan se skrumwerk was dominant en Marigolds het min balbesit gekry. Dit was eers na byna ’n halfuur se spel dat die besoekers hul voete gevind en die telling gelyk gemaak het op 10-10.  Net voor rustyd het Marigolds die voorsprong oorgeneem en met 18-10 die kleedkamers ingegaan.

Die tweede helfte was ’n ware wipplank.

Die telling het heen en weer beweeg tot die slotminute.  Met Marigolds 23-24 agter, het die tuisspan se ondersteuners luidkeels “Wie maak vir Biepstad lekker” gesing.  Twee strafskoppe later was die telling 29-24 in Marigolds se guns.  Nababeep het egter teruggekom met ’n pragdoel en die voorsprong herwin op 31-29.

Baie het die eindfluitjie verwag, maar die plaasvervanger-skeidsregter het oordeel dat daar nog speeltyd oor was. Marigolds het toe in die regterkantse hoek ’n drie gedruk.  Die doelskop was bysaak.

Die eindtelling: 34-31 vir Marigolds.

Kaptein Eugene Julie, wat die leierskap oorgeneem het nadat die permanente kaptein onlangs beseer is, was beskeie maar duidelik trots. “Ons was al in vorige finales, maar in 2026 kan ons uiteindelik spog as die kampioene. Ons het vier jaar gewag om hierdie trofee te lig,” het hy gesê. Julie het bygevoeg dat die oorwinning groot betekenis vir die gemeenskap van Garies het, veral te midde van die hartseer en uitdagings wat die Kamiesberg-streek die afgelope weke getref het.

Monte Engelbrecht, president van die Griekwas, het die geleentheid bygewoon saam met amptenare van die Namakwaland Rugby Unie, onder meer Chris Engelbrecht en Gordon de Jongh. Engelbrecht was tevrede met die dag se verrigtinge, maar het die wens uitgespreek dat die finales van Afdeling 1 en 2 in die toekoms op verskillende Saterdae gespeel word.

Marigolds se sege sluit ’n spannende seisoen af en gee die Garies-gemeenskap iets om oor te trots te wees.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Cape Flats Bleeds Before Dawn
Next Post: HOPEFIELD – VERGADERING ONTWRIG ❯

You may also like

Sport
Athletic Success
April 6, 2025
Sport
Proteas Woman Soar to Top with Dominant Victory Over Pakistan
October 21, 2025
Sport
Ricky Januarie – From Hopefield to Rugby Glory
January 31, 2025
Headline
SA Athletic Champion – Support His Journey!
February 13, 2025

Recent Posts

  • HOPEFIELD SE KRISES
  • Hopefield’s Children Still Needs Us
  • Delft Residents Raise Alarm Over Early -Mornings Robberies
  • Two Suspects in Police Custidy
  • CAPE TOWN’S R2 BILLION ELECTRICITY TARIFF DISPUTE

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown