80%+ werkloosheid en dieselfde ou storie van “buitestaanders eerste”
CCN Verslaggewer – George April
HOPEFIELD: ’n Skermgreep van ’n frustrasie-pos wat tans op sosiale media sirkuleer uit Moorreesburg vertel ’n storie wat baie mense aan die Weskus ken.
’N man met 10 jaar padbou-ervaring en die nodige heavy-machinery-lisensie sê hy het by Weskus Distriks Munisipaliteit (WDM)en Munisipale Manager (MM) aansoek gedoen, maar is nooit eers vir onderhoud geroep nie. Volgens hom het mense sonder padbou-kennis die poste gekry, terwyl hy een van die min in die dorp is met daardie ervaring. “Ek is van die min in Moorreesburg wat daai ondervinding het,” skryf hy. Die pos was “lokaal”, maar ervaring het skynbaar nie die deurslag gegee nie.
Dieselfde patroon speel al vir jare hard af in Hopefield by die Elandsfontein-myn.
Volgens ’n kenner in die gemeenskap sit Hopefield met meer as 80% werkloosheid ná die huidige ronde van groot afleggings. Die myn skaleer produksie af, en werkers word huis toe gestuur. Net voor hierdie afleggings het dieselfde tendens al jare lank plaasgevind: “vriende” of mense van ander dorpe is aangestel, terwyl plaaslike inwoners met kwalifikasies en ondervinding agtergebly het.
’N onlangse voorbeeld: Daar was ’n pos beskikbaar by die maatskappy wat steeds alleen met produksie gaan voortgaan. ’N vrou van Hopefield wat kwalifiseer (sy verkies om anoniem te bly) is afgekeur. Sy is ingelig dat iemand van buite Hopefield aangestel gaan word.
Nog erger: Voordat die skielike afleggings begin het, is werkers selfs van Gauteng ingebring om in gewone poste opgelei te word. Sommige mense het selfs by ander Weskus-maatskappye bedank om by Elandsfontein te gaan werk, net om kort daarna die skok van afleggings in die gesig te staar.
Die amptelike verskoning wat gehoor word, is “oorlog in die kanaal”.
Die waarheid, sê plaaslike stemme, is eenvoudiger: Die Elandsfontein-myn het van dag een af selektief geproduseer.
Karma, sê die mense. Maar vir die gesinne wat nou sonder inkomste sit, help die woord “karma” nie om kos op die tafel te sit nie.
Die vraag wat nou hard in Hopefield gevra word, is dieselfde een wat die man in Moorreesburg gevra het: Wanneer gaan plaaslike ondervinding en plaaslike mense eintlik eerste kom?
(Bronne: sosiale-media-pos uit Moorreesburg-groep + plaaslike getuienis uit Hopefield.) Die vrou se identiteit word beskerm.)
