Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Oproer in Noordhoek

Posted on May 2, 2025May 5, 2025 By The Editor
Community

Wes-Kaapse Behuisingskrisis Kook Oor

Berig – George April

Velddrif: – ’n Ontploffing van frustrasie oor jarelange behuisings verwaarlosing het Donderdag uitgebreek in Noordhoek, Velddrif, waar inwoners van Blikkiesdorp (Wyk 6) in opstand gekom het.

 Wat Woensdag as ’n vreedsame boikot teen die begrotingsvergaderings begin het, het Donderdag eskaleer, toe inwoners op eie houtjie begin het om erwe af te steek in protes teen die Bergrivier Munisipaliteit se traagheid.  ’n Groot polisieteenwoordigheid uit die Weskus en Boland is intussen ontplooi om wet en orde in die woonbuurt te handhaaf.  Betroubare bronne het aan Cape Coast News (CCN) bevestig dat klipgooiery plaasgevind het, en verskeie inwoners moes alternatiewe roetes neem om hul bestemmings veilig te bereik.

Intussen het werkers van die Bergrivier Munisipaliteit nou onwettinge pale, strooi bale en plate op ‘n trok gelaai, waar inwoners onwettige gronde vir hul behuising afgesper het.

“Ons is nie minder belangrik nie” – Weskus Inwoners Verontwaardig

Die oproer is gedeeltelik aangevuur deur die nuus dat huise onlangs in Porterville en Piketberg (wat onder dieselfde Bergrivier Munisipaliteit val) toegeken was, terwyl Velddrif se behoeftige inwoners steeds wag. Op sosiale media het bewerings ontstaan dat dorpe in die Swartland-streek voorrang kry bo dié van die Weskus dorp langs die see.

’n 64-jarige inwoner van ’n plaas buite Piketberg, wat al jare op die waglys vir behuising is, het egter uit desperaatheid CCN genader.  In reaksie het CCN die DA-burgemeester van Bergrivier, Ray van Rooyen, genader vir kommentaar. Hoewel Van Rooyen erken het dat hy die saak sou opneem, het daar tot op hede geen finale terugvoer gekom nie.

Hopefield Inwoners Wys Geduld – Maar Vir Hoe Lank Nog?

Intussen heers daar ook frustrasie in Hopefield, waar inwoners, alhoewel minder gewelddadig, steeds wag op duidelike antwoorde. In diè  Wyk 7 het die plaaslike DA-wyksraadslid inwoners onlangs aangemoedig om hul name op die munisipale waglys te plaas, met beloftes dat daar volgende jaar huise gebou sal word.  ’n Inwoner het egter gespot: “Dis omdat dit volgende jaar verkiesing is, nou kom die beloftes weer!”

Terselfdertyd word inwoners van Hopefield se sogenaamde “asbes-hokkies” aangemoedig om eienaarskap van die strukture te aanvaar.  ’N beleid wat reeds deur gemeenskapsleiers bevraagteken is, weens die gesondheidsgevare van asbes en die moontlikheid dat mense hul reg op gesubsidieerde behuising kan verloor.

Regering in ’n Penarie – Miljoene Rand Moes Teruggegee Word

Wat die situasie verder vererger, is die Wes-Kaapse regering se eie aanvaarde mislukkings.  Tussen 2019 en 2024 het die getal geboude huise dramaties afgeneem,  van meer as 8 000 tot slegs 3 046 in die laaste finansiële jaar. Intussen moes die provinsie oor die afgelope twee jaar, meer as R800 miljoen in onbestede behuisingsfondse aan die nasionale regering teruggee.  Dit, ten spyte van ’n erkende agterstand van meer as 600 000 huise in die provinsie.

 Die Pad Voorentoe

Die ontploffing van frustrasie in Noordhoek is ’n weerspieëling van ’n veel dieper probleem, ’n krisis van vertroue in openbare instellings.  Mense is moeg vir beloftes, waglyste en politieke retoriek.  CCN sal aanhou om vrae aan die owerhede te rig namens die stemlose.  Want vir baie is hierdie nie net ’n kwessie van grond en bakstene nie,  dis ’n kwessie van waardigheid en oorlewing.

 

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Nuwe Rassekwotas en Veiligheidsregulasies – Resep vir Ekonomiese en Sosiale Ondergang
Next Post: Boland Cop Busted for Rape ❯

You may also like

Community
Flying Squad makes Big Bust
April 15, 2025
Community
Heroic Rescue Unfolded
April 4, 2025
Community
Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
March 12, 2026
Community
Atlantis Speurspan Breek Stilte
August 15, 2025

Recent Posts

  • Oproep vir Verpligte Militêre Opleiding vir Jongmense
  • Name Change – West Coast Water Festival
  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown