Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Bejaarde Poolse Egpaar Dood in Tafelbaai-hawe

Posted on May 22, 2025May 22, 2025 By The Editor
Headline

Polisie Stel Ondersoek In

CCN Nuus

Kaapstad – Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat hulle ‘n ondersoek van stapel gestuur het na die verdrinking van ‘n bejaarde egpaar by die Tafelbaai-hawe Woensdagoggend.

Volgens Kolonel Andrè Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, is die liggame van ‘n man en vrou, vermoedelik in hul 70’s en van Poolse afkoms, omstreeks 08:15 deur polisie-duikers in die water naby die Cape Royal Yacht Club gevind.

’n Ondersoekdossier is geopen deur die Tafelbaai-hawe-polisie om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek,” het Traut gesê. Hoewel dit nog die vroeë stadium van die ondersoek is, het die polisie bevestig dat daar geen vermoedens van kwaadwilligheid is nie.

“’n Geregtelike lykskouing sal uitgevoer word om die presiese oorsaak van dood te bevestig, alhoewel verdrinking tans as die waarskynlike oorsaak beskou word,” het Traut bygevoeg. Die identiteite van die egpaar word voorlopig weerhou totdat formele identifikasie gedoen is en hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen -enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Police Clamp Down – Gang Violence in Mitchell’s Plain and Malmesbury
Next Post: Life Sentences for Killers – Law Enforcement Officcers ❯

You may also like

Headline
Judge Slams SAPS as Delays Stall High-Stakes Case
May 23, 2025
Headline
Multiple Wildfires Rage Across Cape Winelands & Overberg Regions
January 9, 2026
Headline
From Builder to Journalist to Youth Champion
November 14, 2025
Headline
Routine Patrol Leads to Drug Bust
March 8, 2025

Recent Posts

  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home
  • Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown