Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Heideveld-man in Motor Doodgeskiet

Posted on July 11, 2025July 11, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

HEIDEVELD:- ’N 32-jarige man van Heideveld is laat Dinsdagaand, 9 Julie, in ’n vlaag van koeëls doodgeskiet, terwyl hy in sy motor in Siriusstraat, Surrey Estate gesit het.

 Foto – sosiale media

Die slagoffer is glo tot 21 keer geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Brigadier Jayce Naidoo, polisiewoordvoerder en stasiebevelvoerder van Manenberg SAPD, het bevestig dat beamptes omstreeks 23:40 op die moordtoneel gereageer het.

“Die liggaam van ’n 32-jarige man is in die bestuursitplek van ’n motor aangetref, met veelvuldige skietwonde aan die bolyf. Volgens inligting op die toneel het die slagoffer in sy voertuig gesit toe hy deur onbekende aanvallers aangeval is,” sê Naidoo.

“Die verdagtes het herhaaldelik op hom geskiet voordat hulle gevlug het. ’n Saak van moord is geopen en die ondersoek duur voort. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.”

Die voorsitter van die Heideveld Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), Vanessa Adrianse, het die moord bevestig, maar het gesê dat dit nog nie duidelik is of die voorval bendeverwant is nie.

“Die polisie ondersoek die saak, en daarom kan ons nie tans sê of dit bendeverwant is nie,” sê sy.

Enigiemand met inligting oor hierdie sinnelose moord word versoek om Manenberg SAPD by 021 699 9400 te kontak of Crime Stop by 08600 10111.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Operasie in Sentraal-Karoo lei tot beslaglegging van Ammunisie en Gesteelde Goedere
Next Post: Unannounced Prison Raid Exposes Shocking Level of…. ❯

You may also like

Community
Dad of Five Stabbed to Death at Petrol Station
October 14, 2025
Community
Justice in Motion – Jenito Murder Trail
April 6, 2025
Community
Rest in Power Queen Ayesha
July 21, 2025
Community
Intelligence-led Operation nets for Arrests in Athlone
December 20, 2025

Recent Posts

  • Three Arrested as Joint Operations Seizes
  • 🔥Die Politieke Waarheid
  • Polisiekonstabel in Delft Gearresteer weens Korrupsie
  • Young Netball Player Seeks Community Support
  • Kropz and Trollope Remain Silent

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown