Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Tronk Korrupsie Ontbloot

Posted on July 11, 2025July 11, 2025 By The Editor
Headlines

Korrupsie: Selfone, Geld, Dwelms en selfs G-stringe is gevind

Verslaggewer – George April

’N onverwagte klopjag in een van Suid-Afrika se maksimum sekuriteit tronke, het die publiek met skok en woede gelaat.

Foto’s – Sosiale Media

Dit, ná die onthulling van grootskaalse korrupsie en oortredings binne die mure van die fasiliteit Ontbloot is.

Tydens die inspeksie by Kgosi Mampuru II-gevangenis, onder leiding van VF Plus-leier Pieter Groenewald, is ‘n verbysterende hoeveelheid verbode items gevind, insluitend:

Selfone – G-stringe – Skootrekenaars – Groot bedrae kontant – Dwelms

Volgens Groenewald se bevindings sal die hoof van die tronk, sowel as betrokke gevangenisbewaarders, nou dissiplinêre stappe in die gesig staar. Die omvang van die oortredings dui op ernstige sekuriteitsfoute en moontlike aktiewe betrokkenheid van tronkpersoneel.

Die publiek het vinnig gereageer op sosiale media.

Edwin Cook het gesê – “Die hele regering is korrup tot in sy kern.”

Adwina Arendse het bygevoeg – “Ek het al soveel gevangenes gesien wat selfone het en vra vir geld.  Die wagte bring vir hulle KFC of selfs ’n hele hoender van Checkers.  Tronk is deesdae ’n grap.”

Cornel Paulsen het sarkasties gesê – “Dis hoekom hulle dit ‘n selfoon noem!”

Die Departement van Korrektiewe Dienste het nog nie ’n formele verklaring uitgereik nie, maar daar is toenemende druk van die publiek vir ’n volle ondersoek en onmiddellike optrede teen alle betrokkenes.

Hierdie voorval bring weereens die doeltreffendheid van Suid-Afrika se korrektiewe stelsel onder die loep.  Is tronke besig om kriminele te akkommodeer eerder as om hulle te rehabiliteer?

Die gemeenskap vra – Is dit nog regverdig dat belastingbetalers betaal vir tronke wat eerder as hotelle vir misdadigers dien?

#Korrupsie #KgosiMampuru #Tronkklop #Tronkreformasie #SelfoneInTronk #PieterGroenewald #CCNNuus #SaUnite #trendingreels #regverdigheid #tronkstelsel

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post:   Tensions Rise in KwaWadi 80
Next Post: Public Healthcare Under Strain ❯

You may also like

Headlines
Good Policing Praised after Wynberg Court Threat Neutralised
December 15, 2025
Headlines
Public Healthcare Under Strain
July 11, 2025
Headlines
BEHUISING – Feite vs Verwagtinge in die Weskus Distrik
July 17, 2025
Headlines
Human Trafficking Suspects Arrested in Goodwood Raid
June 2, 2025

Recent Posts

  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal
  • Lutzville-Gemeenskap Verwelkom Konstruktiewe Gesprek

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown