Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Waarskuwing Aan Werkgewers – Buitelandse Werkers

Posted on July 21, 2025 By The Editor
National News

Berig – CCN Verslaggewing

Mthatha:- ‘N onlangse hofuitspraak dien as ‘n ernstige waarskuwing aan alle werkgewers in Suid-Afrika wat buitelandse werkers in diens het, ook dié sonder geldige werkspermitte.

Die Oos-Kaap Hooggeregshof in Mthatha het beslis dat die afdanking van ‘n Zimbabwiese werknemer deur die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit onregmatig was, al het die werker nie meer ‘n geldige werkspermit gehad nie.

Die hof het benadruk dat artikel 38 van die Immigrasiewet nie bedoel is om die grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke te beperk nie. Met verwysing na die Discovery Health v CCMA-saak het die hof bevestig dat buitelandse werkers steeds beskerming geniet onder die Suid-Afrikaanse arbeidsreg, selfs al is hul werkstatus ongeldig.

Die betrokke werknemer is sedert 2009 op ‘n vaste termynkontrak deur die munisipaliteit in diens geneem.  Sy oorspronklike werkpermit het jare tevore verval, maar die munisipaliteit het hom steeds in diens gehou totdat hy in November 2023 afgedank is, met die vervalde visum as rede.

Die werknemer het die afdanking in die hof betwis, en die hof het saamgestem dat die afdanking onbillik en onwettig was, omdat die regte prosedure nie gevolg is nie.

Hoewel die hof nie heraanstelling of vergoeding toegeken het nie, is die munisipaliteit beveel om die regskoste van die saak te betaal.

“Die hof het die belangrike beginsel bevestig dat buitelandse werknemers nie van arbeidsremedies ontneem mag word, net omdat hul kontrak ongeldig is weens ‘n vervalde werkvisum nie,” het regsfirma Webber Wentzel gesê.

Die uitspraak is ‘n duidelike boodskap aan werkgewers; afdankings moet altyd op regmatige gronde geskied en volgens behoorlike prosedures, ongeag ‘n werknemer se immigrasie status.

Volgens Webber Wentzel moet werkgewers ‘n fyn balans handhaaf tussen die nakoming van immigrasiewette en arbeidswetgewing.  Die firma waarsku dat versuim om immigrasiewette na te kom kriminele strawwe kan meebring, insluitend boetes of selfs tronkstraf tot een jaar.

Tog mag hierdie nakoming nie ten koste van werknemers se regte kom nie.

Webber Wentzel beveel aan dat werkgewers gereeld hul personeel se dokumentasie nagaan, en hul buitelandse werkers help waar werkpermitte naby aan verval is, om só prosedurele billikheid te verseker.

Foto – Sosiale Media

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post:  Golden Arrow Bus Petrol Bombed in Gugulethu
Next Post: VF Plus Backs Sapoa’s Legal Action ❯

You may also like

National News
LUR Verf Menseregtedag met ‘n Politieke Kwas.
March 27, 2025
National News
R2 Billion Tembisa Hospital Corruption Exposed
October 28, 2025
National News
Farmworkers Die On The Backs Of Trucks
May 27, 2025
National News
 Israel – The Story Few Truly Understand
July 4, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown