Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Namakwaland se Netbal Dames Oorheers Toernooi

Posted on July 29, 2025July 29, 2025 By The Editor
Sport

Danger Rangers” wys hoe dit gedoen word  
Verslaggewer – Isaac Cloete

Clanwilliam :- Die gewilde  Rangers-netbalspan van Bergsig,  Springbok, het die afgelope naweek behoorlik vlamgevat by die jaarlikse SuperSpar Netbaltoernooi in Clanwilliam,  en met hul prestasie vir trots en trane gesorg in hul gemeenskap.

Met vyf uit vyf oorwinnings,  waaronder groot seges teen Brackenfell (29-7) en Oakdale (23-4),  het hulle nie net die B-pool gewen nie, maar ook hul naam gevestig as ’n span om mee rekening te hou.

In totaal het hulle 112 doele aangeteken,  en slegs 36 doele afgestaan .

Die kaping van die trofee was nie net ‘n sportoorwinning nie,  dit was ‘n emosionele triomf.  Ondersteuners het die Rangers se sosiale media-bladsye laat gons met lof en liefde.

Magret Maarman, trots familielid en voormalige speler, het geskryf;  “Geluk dames -Menta en Sandy, ek’s supertrots op julle!  Jul mammi het so gespeel daai jare…!

Yvonne Nieuwoudt, wat self sterk bande het met die span, het laat weet;  “Geweet julle kan dit doen,  want julle ís die beste!  Baie geluk aan die hele Rangers-span.  So trots!

 Bertrum Julie, een van die span se lojale ondersteuners, het bygevoeg;  “Geluk !  Julle oefen hard en dit wys nou.

Die span se afrigter, Janine Jacobs (née Nieuwoudt), kon skaars haar opgewondenheid bevat;  “Ek is ongelooflik trots op hierdie groep vroue.  Dit is ’n voorreg om saam met meisies te werk wat my passie vir netbal deel.”  “En ja,  dis harde werk wat ons tot hier gebring het.”

Janine het ook self op die baan gestaan as A-span speler,  terwyl sy drie spanne afgerig het,  twee vroue-spanne en een manspan. –  “Ons het mekaar,” sê sy, en dié leuse het elke wedstryd deurskemer’.

Dié span het eers in 2024 weer begin funksioneer na ’n ruk se stilte,  maar het vinnig gewys dat hulle nie net terug is nie.. hulle’s terug – en sterker as ooit .  Met die 2023 C-pool reeds agter hul naam, en nou die 2025 B-pool in hul besit, is die mikpunt nou die  A-pool in 2026.

In ’n ligter oomblik het Jacobs gelag toe sy vertel het hoe ’n skeidsregter hulle as  “Danger Rangers”  herdoop het,  ’n bynaam wat nou as amptelik beskou word in Clanwilliam se sportkringe.

Met die plaaslike liga ook reeds gewen, is die laaste uitdaging vir die jaar die “Fast Five Netbaltoernooi,”   en die Rangers het net een doel; om nóg ‘n trofee huis toe te bring.

Intussen laat dié netbalprestasie menige Springbok-inwoner wonder, –  “Moet die Rangers mansrugbyspan nie dalk by die dames klas loop nie?

Een ding is seker, die Rangers-dames stel die standaard, en Namakwaland se harte klop hierdie week netbal.

Foto’s verskaf….

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Murder Investigation Launched After Wesbank Man Found Stabbed to Death
Next Post: Elderly Man Nabbed in Pumlani Village ❯

You may also like

Sport
Life-Changing Scholarship – Young Athlete’s
April 10, 2025
Sport
SA Rugby and Outsurance Respond
April 4, 2025
Sport
School Sports Action Heats Up This Weekend – On SuperSport..!
May 16, 2025
Sport
OUTsurance en SA Rugby Tree Op
April 4, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown