Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Atletiek Beurse vir 2026

Posted on June 19, 2025 By The Editor
Community, Sport

“Wys Jou Potensiaal en Spring Jou Toekoms In”

CCN Verslagspan

Stellenbosch:- Kom wys jou atletiek-potensiaal en kwalifiseer vir ’n beurs by Hoërskool Stellenbosch!

Die Athletics Cycling Education Trust, in vennootskap met Hoërskool Stellenbosch, bied jong atlete van regoor die Wes-Kaap ’n uitsonderlike geleentheid: die kans om ’n atletiekbeurs vir 2026 te wen!

Hierdie inisiatief is spesifiek gemik op atlete tussen die ouderdom van 12 en 16 jaar wat graag hul atletiek-potensiaal wil wys en die volgende stap in hul sportloopbaan wil neem. Rekruteringsproewe word op die volgende datums en plekke aangebied:

24 Julie
Sederberg Primêr, Clanwilliam
15:30 – 17:00

25 Julie
Sportsgronde, Ceres
14:30 – 16:00

Items sluit in:
– Naellope
– Middellang afstande
– Worp items
– Spring items
– Stappers

Atlete wat hul slag wys, staan die kans om ’n beurs te verwerf om vanaf 2026 by Hoërskool Stellenbosch te begin, ’n skool bekend vir sy akademiese en sportprestasie van wêreldklas.

Hierdie is meer as net ’n sportgeleentheid,  dis ’n toekomsgeleentheid vir talentvolle kinders in plattelandse en kleiner gemeenskappe. Deur deel te neem, kry jong atlete die kans om deur kundiges geëvalueer te word en moontlik ingesluit te word in ’n gesogte sportontwikkelings program.

Skandeer die QR-kode op die plakkaat om te registreer of kontak nolene@stellenboschace.co.za vir meer inligting.
📞 072 270 5844

Laat jou drome ’n aanloop kry  ✍️semper altior (altyd hoër)!

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Young MP Liam Jacobs Chooses Bold New Path
Next Post: Twee Families in Rou ❯

You may also like

Community
Lavender Hill Gun Bust
March 10, 2026
Community
Gruwel Moord -Gemeenskap in Skok
December 9, 2025
Community
“SONDAGSKOOL-ONNIE” – GEVONNIS TOT 75 JAAR TRONKSTRAF
June 18, 2026
Community
Early Morning Patrol Leads to
August 3, 2025

Recent Posts

  • Astrante Eskom Loop Hulle Vas
  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown