Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


SA Van Wyk Hoërskool Vier Goud

Posted on August 8, 2025August 8, 2025 By The Editor
Community

“Goud Simboliseer Luuksheid, Sukses en Voorspoed”

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK:- SA van Wyk Hoërskool is kliphard besig om sy 50ste jubileum in styl te vier.
Die afgelope maande is daar ononderbroke gewerk aan ’n goedbeplande en uitsonderlike feesprogram wat binnekort ’n reuse sukses beloof te wees.

Die hoogtepunt vind volgende naweek (16–17 Augustus) plaas, wanneer die veelbesproke “Winterbal” aangebied word.  ’N gebeurtenis waarna oud- en huidige leerders lank gaan uitsien en nog lank gaan onthou.

Desmon Watt, voorsitter van die feeskomitee, sê selfversekerd; “Hierdie is ongetwyfeld die “dans van die jaar”,  ’n okkasie waaroor mense nog oor jare sal praat.”

Die legendariese Kallies Dance Band van Elgin word spesiaal “ingevoer” om die dansvloer vol en die voete moeg te hou. Behalwe vir die musiek en gedansery sal daar ook heerlike etes, lekker geselskap en menige “kuierhoekie” wees.

Voor die dans begin, is daar reeds ander opwinding: ’n prettige gholfdag op Vrydagmiddag, asook ’n nostalgiese besoek aan die maroen skoolgeboue van SA van Wyk. Beslis genoeg tyd vir ou vriende om herinneringe te deel en dalk ’n traan of twee weg te pik.

Hoewel die volle feesprogram nog nie verklap word nie, kan feesgangers verseker wees: “Seeing is believing.” En as jy nog nie ’n danskaartjie het nie, is die kans groot dat jy gaan uitmis.

Op ’n ligter not, die skool en komitees het die afgelope tyd hard gewerk om fondse in te samel vir hierdie goue jubileum.  Die groot totaal word dieselfde aand by die dans bekend gemaak, en volgens gefluisterde bronne gaan dit ’n “goue bedrag” wees. Vir baie oud-leerders, onderwysers en personeel gaan 16 Augustus by die Namakwa Gasteplaas/Guestfarm ’n spesiale oomblik wees,  ’n geleentheid om mekaar ná 50 jaar weer in die oë te kyk.

 ’N bietjie geskiedenis

SA van Wyk Hoërskool, geleë in Bergsig, het in 1972 begin met ’n klein groepie standerd 7-leerders van omliggende myndorpe rondom Springbok.  Die eerste hoof was wyle mnr William “Billy” Parsons.  In 1975 het die skool ’n volwaardige hoërskool geword onder leiding van wyle mnr Samuel Anton van Wyk, na wie die skool later vernoem is.  Hoewel die skool as instelling al 53 jaar bestaan, vier dit vanjaar sy 50ste jaar as volwaardige hoërskool, ’n ware goue mylpaal.

Kommentaar: “SA van Wyk is goud,  en goud simboliseer luuksheid, sukses en voorspoed.  Hierdie feesjaar is ’n herinnering dat tradisie en trots hand aan hand kan stap met toekomsdrome.

Mag die volgende vyftig jaar net so blink wees.”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: COMMUNITY VOICES – High Hopes Raises Concern About Fairness in Local Donations
Next Post: “Open Chats”- Podcast verloor DStv – Kontrak ❯

You may also like

Community
Calvyn Protestantse Kerk (CPK) vier 75 Jaar van Geloof en Volharding
October 16, 2025
Community
Raising SuperStar – Bryan-Jade Rhodes
June 18, 2025
Community
Kidnapped 9-Day-Old Baby Found Safe in Tafelsig
July 1, 2025
Community
Mitchell’s Plain Crackdown – Anti-Gang Unit Arrests Teen
May 9, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown