Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


“Open Chats”- Podcast verloor DStv – Kontrak

Posted on August 8, 2025 By The Editor
National News

Ná Rassistiese Opmerkings oor Bruin Gemeenskappe.

Verslaggewer – George April

Die gewilde maar omstrede “Open Chats”-podcast bevind hulself in die middel van ’n nasionale storm,  nadat aanstootlike opmerkings oor die Bruin gemeenskap in een van hul episodes gemaak is.

Die uitlatings het vinnig landswyd verontwaardiging ontketen, en uiteindelik daartoe gelei dat MultiChoice besluit het om hul kontrak met DStv te beëindig.

MultiChoice sny bande

Volgens TshisaLIVE het MultiChoice bevestig dat hulle nie langer die podcast op hul platform sal huisves nie. Hoewel die maatskappy verduidelik het dat die kontrak tegnies op 25 Julie 2025 geëindig het, het die inhoud van die betrokke episode en die daaropvolgende reaksie bygedra tot die besluit om dit glad nie uit te saai nie.

Die Omstrede Uitsprake

In die episode, wat intussen van die internet verwyder is,  is stellings gemaak soos:

“Coloureds apparently chow each other.”
“I do believe that because Coloureds are crazy.”

Vir baie luisteraars was dit meer as net swak smaak,  dit is beskou as direkte rassistiese veralgemenings wat diep seermaak.

Publieke Reaksie

Die kommentaar het onmiddellik ’n vloedgolf van kritiek op sosiale media ontlok.

Op Facebook het Igshaan Sulliman geskryf: “Don’t ever dare to mess with the coloureds, jy sal jou vasloop masekind.”

Ander gebruikers het die opmerkings as “gevaarlike stereotipering” beskryf wat ’n reeds gemarginaliseerde gemeenskap verder stigmatiser.

Politieke en Organisasie-Reaksie

  • Die Patriotic Alliance het aangekondig dat hulle regsaksie teen die podcast begin.
  • Die Cape Forum het die span se latere verskoning as “ontoereikend” afgemaak en gesê daar was geen opregte erkenning of daadwerklike regstelling nie.
  • Dean Goliath van die Northern Cape National Coloured Congress het dit “die vergestalting van diepgewortelde rassisme” genoem.
  • Die DA het ’n formele klag by die SAHRC ingedien
  • Die ANC het die opmerkings as ’n “verraad teenoor die waardes van ons demokrasie” beskryf.

Die Groter Prentjie

Hierdie insident het die debat oor vryheid van spraak, haatspraak en media-verantwoordelikheid weer opnuut aan die brand gesteek. Terwyl inhoudskeppers reg het om hul menings te lug, is daar in Suid-Afrika duidelike wetlike en morele grense waaroor nie getree moet word nie.

Regsfeite oor Haatspraak in Suid-Afrika
(Bronne: Grondwet, PEPUDA, SAHRC)

Grondwet – Artikel 16(2)

Beperk vryheid van spraak wanneer dit aanhitsing tot geweld, propaganda vir oorlog, of aanhitsing tot haat op grond van ras, etnisiteit, geslag of godsdiens bevat.

PEPUDA (Gelykheidswet)

Maak dit onwettig om woorde te gebruik wat ander verneder of haat aanhits op grond van ras, kultuur of geloof.

SAHRC Se Rol

Ondersoek klagtes van haatspraak – Kan hofaksie instel indien iemand of ’n organisasie die wet oortree.

 Vir Inhoudskeppers

Mediahuise en platforms dra redaksionele verantwoordelikheid om te verseker dat inhoud waardig, respekvol en inklusief is.

Die “Open Chats”- saak is ’n harde les vir alle inhoudskeppers, in ’n land met ’n komplekse en pynlike geskiedenis, is respek, empatie en verantwoordelikheid nie onderhandelbaar nie.

“MultiChoice se optrede stuur ’n duidelike boodskap,  rassistiese stereotipes het geen plek in Suid-Afrika se media-ruimte nie.”

FOTO – @openchatspodcast 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: SA Van Wyk Hoërskool Vier Goud
Next Post: Incident at Whale Coast Mall ❯

You may also like

National News
Tensions Mount as Ramaphosa Faces Scrutiny
May 22, 2025
National News
EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
April 17, 2026
National News
Court Ruling Protects Access to Health and Education
November 7, 2025
National News
Caught in Fraud Scandal Linked to Pretoria
May 22, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown