Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Aanklagte Terug Getrek teen Bergrivier DA Burgermeester

Posted on September 19, 2025 By The Editor
Community

Maar intimidasie duur voort

Deur CCN Nuus

Piketberg:- Na bykans tien maande van angs is die DA se Ray van Rooy, burgemeester van Bergrivier, uiteindelik vrygespreek.

Op 11 Desember 2024 is die burgemeester se huis skielik en sonder verduideliking deur die polisie deursoek. Die sogenaamde bewyse wat toe gekonfiskeer is, het volgens forensiese toetse geen spore van dwelms bevat nie. Die enkele koeël wat gevind is, is glo oud, verroes en onbruikbaar.

Met hierdie uitslag het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die saak teruggetrek.

“Alles rondom hierdie saak lyk na ’n desperate en kwaadwillige poging om ’n hardwerkende burgemeester se naam te beswadder, hom uit sy amp te verwyder en sy reputasie te vernietig,” het DA-Wesstreek voorsitter, Koos Steyn, gesê.

Hy beklemtoon dat die DA die SAPD se ondersoek ondersteun om die skuldiges agter hierdie “smeer-veldtog” te vind.

Intussen het die burgemeester en sy gesin geweldige trauma ervaar.  Steyn sê dit is onaanvaarbaar dat politieke opponente in Suid-Afrika vals klagtes lê of selfs bewyse plant om mededingers te probeer diskrediteer.  “Dit kan nie ’n politieke taktiek word nie,” waarsku hy.

Alhoewel Van Rooy van alle aanklagte onthef is,  het die intimidasie egter nie opgehou nie.  Die afgelope twee weke is hy gekonfronteer met doodsdreigemente en drie pogings tot huisbraak.

Die DA veroordeel hierdie misdadigheid ten sterkste en bevestig dat die polisie nou ’n ondersoek hieroor geloods het.

Ondanks hierdie persoonlike aanvalle het dienslewering aan inwoners van Bergrivier stabiel en onafgebroke voortgeduur.  “Ons loof die vasberadenheid van burgemeester Van Rooy en bedank die gemeenskap vir hul volgehoue ondersteuning,”  sluit Steyn af.

Die DA het belowe om die saak noukeurig te volg, totdat die regte mense in hegtenis geneem en hof toe gebring word.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Continuous Gunfire in Manenberg
Next Post: Charges Dropped Against Bergrivier Mayor ❯

You may also like

Community
Elf beseer in Ernstige Botsing
October 14, 2025
Community
Illegal Sand Mining – Busted Under Bird Street Bridge
April 23, 2025
Community
Kalksteenfontein Woman Shot Dead
July 2, 2025
Community
Ocean View Police Seize Illegal Firearm
June 18, 2025

Recent Posts

  • West Coast Rising Stars
  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown