Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Seun sterf tragies op sy verjaarsdag

Posted on November 25, 2026November 25, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer –  Isaac Cloete

Namakwaland:- Inwoners van Carolusberg is geskok, verslae en hartseer na die ongewone sterfte van n skoolkind.

Voorlopige verslae dui daarop dat die seun, Theodore “Theo” Bahlekazi (12) saam met sy vriende gespeel het toe hy in n ou myngat geval het.

Dit is naby n ou kampong n Carolusberg, buitekant Springbok geleë.  Die voorval het op Maandag, 23 November 2026, om ongeveer 17:30 plaasgevind, toe nooddienspersoneel deur die kind se ouma in kennis gestel is, volgens, polisie-woordvoerder, kol Cherelle Ehlers. Theohet die afgelope jaar in Clanwilliam gebly het.

Hy het egter hierdie naweek by sy ouma in Carolusberg, gaan kuier. ‘n Soek-en-reddingsoperasie was onmiddellik van stapel gestuur, waarby die distrikstaakspan, die Springbok-honde-eenheid (K9) en Nama Khoi-reddingsdienste betrokke was. Paramedici en die polisie moes vir etlike ure sukkel om sy liggaampie uit die soort mynskag te haal. Die Black Mountain-reddingspan het ook later by die operasie aangesluit,

Nadat noodpersoneel in die gat afgedaal het, het hulle gevind dat die kind noodlottige beserings opgedoen het.

Daar word vermoed dat Theo se nekkie moontlik kon gebreek het, toe hy in die skag geval het. Die Black Mountain-reddingspan het vervolgens by die operasie aangesluit, en die kind se liggaam is voor 23:00 suksesvol na die oppervlak gebring.

‘N polisie-bron het vertel dat die gat baie diep en smal is en boonop met water gevul was.  Die area was ook nie omhein nie en baie onveilig vir die publiek.  Dit is steeds onduidelik hoe die seun in die gat beland het.

Theo se antie, Alicia Goliath, vermoed geen vuilspel nie. Sy het vertel dat hy met die eksamen besig was en nog net sy laaste vak moes skryf.  Maandag, 23 November, was ook sy verjaarsdag, het Goliath vertel.  Intussen blameer inwoners mynhuise wat voorheen hier koper gemyn het, maar rehabilitasie vergeet of afgeskeep het.

‘N ander inwoner verskil hieroor.

Sy het gese: ” Dis in die einste kopermyngate waarin die manne sodelf.  “En dis nie net Carolusberg mense nie, maar die breë Namakwaland s’n.  “Hulle reis saans hierheen om te delf.  “Ook word ondergrondse koperdrade van destydse kraglyne afgehaal.  “Dan spog hulle op TikTok oor hoe dit ondergrond lyk.”  Volgens haar is krap die diggers die gate oop en dan val onskuldige kinders soos Theo daar binne.

Ouers word weereens versoek en vermaan om altyd seker te maak, hulle weet waar hulle kinders is of wat hulle doen.  Ook word daar n beroep op die plaaslike owerhede gedoen om sulke ou mynskagte en gate in die area te beveilig.

Die kommissaris van die Namakwa-distrik, brigadier Schalk Andrews, het sy innige medelye teenoor die bedroefde familie en geliefdes uitgespreek.  Hy het ook ‘n beroep op ouers en voogde gedoen om waaksaam te wees en toe te sien dat kinders van potensiële gevaarlike gebiede weggehou word.

Veral mynbouterreine, verlate mynskagte en ander onbeveiligde uitgrawings – wat ernstige risiko’s vir hul veiligheid inhou.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: PHELAN-PROJEK: WERKGELEENTHEDE IS BELANGRIK
Next Post: Police appeal for information ❯

You may also like

Headline
Youth Month Hero Spotlight –  Constable Kwyô Louw
June 10, 2025
Headline
N SWART DAG BY GARIES HOF
October 19, 2026
Headline
Questions Over Political Salary
September 29, 2026
Headline
Crime Intelligence Operation Leads to Arrests in East London
May 9, 2025

Recent Posts

  • 16 DAE VAN AKTIVISME
  • Police appeal for information
  • Seun sterf tragies op sy verjaarsdag
  • PHELAN-PROJEK: WERKGELEENTHEDE IS BELANGRIK
  • Bloed vloei sonder einde op Kaapse Vloei

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown