Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Populêre Hawe Kuierplek deur Vuur Verwoes

Posted on October 12, 2025October 13, 2025 By The Editor
Community

CCN verslaggewer – Felicity Jooste

Mosselbaai:- ‘N vroeg Sondagoggend-brand het vandag groot skade aangerig by die bekende La Peron Restaurant in die Mosselbaai-hawegebied.

Volgens die Mosselbaai Brand-, Redding- en Rampbestuursdienste is die alarm om 04:44 ontvang, waarna die Mosselbaai-span vinnig gemobiliseer is. Die Groot-Brakrivier-brandspan het bystand gebied en het om 04:55 op die toneel aangekom.

Ten spyte van hul vinnige optrede het die vuur reeds groot skade aangerig, en die restaurant se dak het tydens die brand ineengestort. Die vlamme is uiteindelik teen 05:25 suksesvol geblus.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, en ondersoeke is aan die gang. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

La Peron was een van Mosselbaai se gewildste kuierplekke aan die hawe, bekend vir sy uitsig, seekos en lewendige atmosfeer.  Plaaslike inwoners beskryf die verlies as ‘n groot slag vir die gemeenskap en toerismebedryf.

Foto’s en video’s van die toneel het intussen op sosiale media versprei en wys hoe die vlamme deur die dak slaan terwyl brandbestryders teen die vroeë oggendure veg om dit onder beheer te bring.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Delay in Police Response Raises Concerns in Delft
Next Post: Van Wendyhuis tot die President se Kantoor ❯

You may also like

Community
Brutally Schoolyard Bullying Incident
April 18, 2025
Community
Nuwe Moorreesburg Hoërskool vier Eerste Diploma Plegtiheid
October 20, 2025
Community
Wolseley sê – Geen Borgtog vir Kinder Aanrander
August 28, 2025
Community
Teacher’s Passion for Kids Has No Boundaries
August 13, 2025

Recent Posts

  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal
  • Lutzville-Gemeenskap Verwelkom Konstruktiewe Gesprek

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown