Vrae oor Geregtigheid duik weer op.
CCN Verslaggewing
Voormalige Apartheids Doodsgroep bevelvoerder, Eugene de Kock, is glo in ’n hospitaal opgeneem met vermoedelike hartversaking.

Die nuus het aan die lig gekom tydens die heropening van die Cradock Vier-inquest in die Hooggeregshof in Gqeberha. De Kock, wat destyds aan die hoof van die berugte Vlakplaas-eenheid gestaan het, is vroeër skuldig bevind aan talle moorde en misdade teen anti-apartheidsaktiviste. Hy was veronderstel om te getuig in die ondersoek na die 1985-moorde op Matthew Goniwe, Fort Calata, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto, bekend as die Cradock Vier.
Volgens sy regsverteenwoordigers is De Kock verlede Vrydag in die hospitaal opgeneem nadat sy gesondheid skerp verswak het.
Die saak van die Cradock Vier bly een van die mees skokkende en onopgeloste gruweldade van die apartheidsera. Verskeie families en aktiviste roep nou weer op vir volledige openbaring en geregtigheid, veral aangesien vorige ondersoeke nooit die verantwoordelikes behoorlik aanspreeklik gehou het nie.
Menseregte-aktivis, Thandi Mbeki, sê:
“Die afwesigheid van De Kock by die hof werp ’n groot skadu oor die proses. Die land het steeds antwoorde te kry oor die gruweldade van apartheid, en elke kans om waarheid en geregtigheid na vore te bring , is van uiterste belang.”
Met De Kock se afwesigheid by die hofverrigtinge word daar nou gevrees dat belangrike waarhede oor die gebeure dalk saam met hom verlore mag gaan.
Foto’s – Google.com


