Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

NOG ‘N NAMAKWALANDER SKRYF GESKIEDENIS

Posted on June 26, 2026June 26, 2026 By The Editor
National News

 Op Die Internationale Verhoog – Namakwaland het weer rede om trots te wees

Verslaggewer – Isaac Cloete

OKIEP:-  Uit die stowwerige strate van Okiep, ‘n klein myndorpie naby Springbok, het nóg ‘n merkwaardige suksesverhaal na vore gekom.

Kolonel Falencia Harriet Joseph (née Faber) het internasionale geskiedenis gemaak nadat sy aangewys is as Suid-Afrika se nuwe militêre attaché vir verskeie Noord- en Oos-Europese lande.

Joseph het hierdie week na Europa vertrek waar sy die volgende vyf jaar Suid-Afrika se belange sal verteenwoordig in Swede, Finland, Litaue, Letland en Estland – ‘n hoogs gerespekteerde diplomatieke en militêre aanstelling wat slegs aan ervare en uitstaande leiers toevertrou word.

Haar aanstelling is nie net ‘n persoonlike prestasie nie, maar ook ‘n besonderse mylpaal vir Okiep, die Namakwa-streek en die Noord-Kaap. Dit bevestig dat talent, deursettingsvermoë en toewyding geen geografiese grense ken nie.

Joseph, ‘n oudleerder van Hoërskool Concordia, is die toonbeeld van iemand wat bewys het dat jou omstandighede nie jou bestemming bepaal nie.

Haar broer, Lorenzo Faber, het sy trots in ‘n roerende boodskap uitgespreek.

“Jou storie is ‘n bewys dat waar jy vandaan kom, nie bepaal waarheen jy kan gaan nie.” “Deur harde werk, dissipline en vasberadenheid het jy ‘n inspirasie geword vir die jeug van Okiep, die Namakwa-streek en ver daarbuite.” “Dien ons land met dieselfde trots, waardigheid en uitnemendheid wat jou tot hier gebring het.”  “Ons wens jou alle sukses en veilige reise toe.”  “Baie geluk, my sus. Ons is ongelooflik trots op jou, hou aan om hindernisse te breek en ander te inspireer.”

Hierdie woorde weerspieël die trots van ‘n hele gemeenskap wat een van hul eie nou op die wêreldverhoog sien uitstyg.

Militêre attachés vervul ‘n belangrike rol in internasionale betrekkinge deur militêre samewerking tussen lande te bevorder, diplomatieke bande te versterk en Suid-Afrika op die hoogste vlak van internasionale verdediging en veiligheid te verteenwoordig.

Vir baie jongmense in Namakwaland dien Joseph se prestasie as ‘n kragtige herinnering dat groot drome nie beperk word deur die grootte van jou dorp of die uitdagings van jou omgewing nie. Met vasberadenheid, dissipline en geloof in jouself kan selfs die mees afgeleë dorpie die beginpunt wees van ‘n internasionale loopbaan.

Joseph sluit aan by ‘n groeiende lys Namakwalanders wat internasionale erkenning verwerf het.  Onder hulle tel ook Jeff Coetzee, die voormalige Suid-Afrikaanse dubbelspel tennisster van Okiep, wat vandag wêreldwyd bekend is as ‘n suksesvolle internasionale tennisafrigter.

Kolonel Falencia Harriet Joseph se reis van Okiep na Europa is meer as net ‘n persoonlike suksesverhaal,  dit is ‘n verhaal van hoop, deursettingsvermoë en die bewys dat Namakwaland steeds mense oplewer wat hul merk op die wêreld maak.

 CCN Online wens Kolonel Falencia Harriet Joseph alle voorspoed toe met haar historiese ontplooiing en bedank haar vir haar diens aan Suid-Afrika. Haar prestasie sal ongetwyfeld nog geslagte jong Namakwalanders inspireer om groot te droom, hard te werk en sonder vrees hul plek in die wêreld in te neem.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: LEGAL SHOCKER: ‘Cat’ Matlala Turns State Witness
Next Post: Gauteng Crackdown – 35 Illegal Immigrants Arrested ❯

You may also like

National News
EU’s €4.7 Billion Investment – A Lifetime for South Africa
May 25, 2025
National News
POLICE IN THE CROSSFIRE –  Oversight Silence in Van Rhynsdorp Meets Viral Assault on Kimberley Officer
December 9, 2025
National News
Absa’s R10 Billion Pledge Sparks Nationals Debate
November 20, 2025
National News
SA Refugees Take Flight from the “Land of Milk & Honey”
May 12, 2025

Recent Posts

  • Arrestasie ná dodelike Malmesbury skietery
  • Persoonlike Vertellinge –
  • Hopefield – Inwoners in Krises
  • Tien mense geskiet in Malmesbury
  • Operation Prosper nets firearm and Drug Suspects

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown