Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Liggaam Ontdek in Westridge – Duine – Polisie Ondersoek Moord

Posted on November 14, 2025November 14, 2025 By The Editor
Community

CCN Nuus

KAAPSTAD:- Die Wes-Kaapse polisie is besig om die omstandighede te ondersoek waaronder ’n liggaam Woensdagaand in Mitchells Plain ontdek is.

Volgens die polisie is die liggaam van ’n jong man in Dagbreekstraat gevind,  in die sandduine bekend as die Westridge-duine.  SAPD-lede het op die toneel gereageer nadat ’n klag ontvang is, waarna ’n moorddossier geopen is.

Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, het bevestig dat die oorledene na raming in sy twintigs is.

“’N gemeenskap lid wat sy honde uitgeneem het,  het ’n slegte reuk opgemerk en nader gegaan  om te kyk. Hy het toe ’n hand uit die grond sien uitsteek en onmiddellik die polisie ontbied.  ’N lykskouing sal bepaal wat die oorsaak van die persoon se dood is,”  het van Wyk gesê.

Die polisie versoek enigeen met inligting om Crime Stop te skakel.

In ’n afsonderlike voorval het die man wat vroeër Woensdag in Oval Northstraat, Beacon Valley, geskiet is, helaas aan sy beserings beswyk.

Die polisie se ondersoek na die skietvoorval duur voort.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: SAPS Condemns Senseless Violence after Manenberg Shooting
Next Post: From Builder to Journalist to Youth Champion ❯

You may also like

Community
A Tale of Two Perspective
March 25, 2025
Community
Roof by Kenilworth Winkel
September 14, 2025
Community
The Hush Reality is at Hand…
May 7, 2025
Community
Honouring Joshlin Smith
February 19, 2025

Recent Posts

  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown