Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Nuwe Begin vir 21 Moorreesburg Gesinne – Ná 23 Jaar se Wag

Posted on November 21, 2025November 21, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer – George April

Moorreesburg:- Inwoners op die Swartland dorp  het vanoggend geskitter van vreugde, toe 21 gesinne uiteindelik hul nuwe huise ontvang het.

 Volgens ‘n inwoner van die  Rosenhof gemeenskap het mense al moed opgegee, maar uiteindelik is drome na 23 jaar se geduldige gewag, bewaarheid

Die huise is amptelik oorhandig deur Swartland Munisipaliteit se burgemeester, Herold Cleophas, tydens ’n dankbare en emosionele geleentheid.

Gemeenskapswerker Gary Lambrechts het die oomblik só opgesom:
“Dankie Vader,  vandag kon ons Moorreesburg Gemeenskapleiers met trots sê, die onderhandelinge met Swartland Munisipaliteit was ’n groot sukses. 

Na 23 jaar ontvang 21 gesinne vandag huise vanaf die Nasionale Regering.  Baie dankie aan beide Swartland Municipaliteit en Nationale Regering  vir hierdie huise.”

Verskeie rolspelers is geloof vir hul bydrae,  onder meer Asla, PSC,  Moorreesburg-leiers,  raadslede,  Swartland Munisipaliteit se amptenare en die burgemeester self.

Onder die nuwe huiseienaars was Johanna Pypers, ’n bejaarde inwoner wat vir dekades gewag het vir haar eie veilige plek om huis te noem.  Sy het vanoggend met trane in haar oë in haar eerste huis ingestap,  ’n oomblik wat volgens bure en gemeenskapslede “nie in woorde beskryf kan word nie”.

“Bewaar julle huise soos goud,  dis julle eie plekkie in die son,”  was die warm boodskap aan die nuwe eienaars.

Die atmosfeer was een van diepe dankbaarheid,  trots en nuwe hoop vir die families wat nou met waardigheid en sekerheid vorentoe kan beweeg.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: “Communities Are Failing Their Children – And Only Communities Can Fix It “
Next Post: Tensions Escalate as Rhamaphosa Refuses ❯

You may also like

Community
Hoe vier Matzikama-leiers Vrouedag
May 11, 2025
Community
Koraal Court Rebuilt after Devastating Fire
September 1, 2025
Community
Misdaad Betaal Nie – Betaal Drywer Eerste Keer 😂
October 29, 2025
Community
Joshlin Ontvoerders sit Lewenslank
May 29, 2025

Recent Posts

  • Man sterf tydens arrestasie in Bellville
  • Astrante Eskom Loop Hulle Vas
  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown