CCN Editor – George April
HOPEFIELD: – Op Gesinsdag, 16 Desember 2025, het die 16-jarige graad 10-leerder “Meinhardt Esterhuizen” van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch geskiedenis gemaak.
Hy het 33 km deur koue, haai-belaaide Valsbaai geswem: en toe, sonder om sy oorwinning vir homself te eis, gesê: “I swim far, so that they can go further.”
Ek het gister oor hom berig, en daardie woorde het my persoonlik geraak. Hy hét alles: ’N top-skool, veilige omgewing, ondersteuning, ’n kans wat baie kinders nooit sal kry nie.
Tog het hy sy prestasie nie vir roem gehou nie, hy het dit vir ander gegee.
En op ’n ander deel van die planeet staan ’n vrou wat presies dieselfde boodskap lewe: CeCe Winans, die wêreldbekende gospel-legende uit Amerika. Sy het Grammy’s, Stellar-toekennings, en ’n stem wat stadions vul.
Maar sy gebruik haar platform om kinders en gemeenskappe op te lig, deur Compassion International en World Vision bring sy hoop aan die armes, voedselhulp, krisishulp en geloofsgebaseerde uitreikings.
Haar liedjies praat dieselfde taal as Meinhardt se woorde:
– “Alabaster Box:” waar sy sing oor, om alles te breek en te gee, sonder om terug te hou:
I’ve come to pour my praise on Him like oil… You don’t know the cost of my alabaster box.
Dis die koste van selfloosheid, om jou beste te gee vir ander.
– “I Love You Lord:” ’n eenvoudige, hart-gebroke aanbidding wat sê:
“I love You, Lord, and I lift my voice to worship You…”
Dis die soort liefde wat Meinhardt se swem dryf. nie vir homself nie, maar vir ander.
Foto: CeCe Winans gebruik haar talent om kinders en gemeenskappe op te lig.
– “Take Me Bac:k” waar sy bid om terug te gaan na die eenvoudige geloof van ’n kind:
– Take me back to the place where I first believed…”
– Dis die plek waar ons kinders nog droom, voordat die wêreld hulle seermaak.
Ek kyk na ons dorp se kinders, en ek sien hulle swem in die Soutrivier, water wat op sommige dae stink, vol ongesonde bakterieë en afval. Ek het self in daardie rivier grootgeword, maar op die plaas toe dit nog skoon en vars was. Nou is dit hul enigste afkoelplek in hierdie versengende Weskus-hitte, waar die son letterlik sommige dae jou vel brand. Somer vakansie is die ergste, maar hulle het geen ander speelplek nie.
Hulle spring in daardie vuil water omdat hulle geen keuse het nie.
Nicolas Julies, my ouer bejaarde vriend glo weer, ’n “tennisbaan” sal kinders wegvat van kafee-stoepe en straathoeke, plekke waar drome soms vernietig word.
Ek droom van ’n “swembad” met skoon water.
- Ons twee kan dit nie alleen doen nie.
- Ons het die ouers nodig, die ouers wie se kinders elke dag met drome in hul oë staan en wag vir iemand wat sê: “Jy is gesien. Jy kan verder gaan.”
Meinhardt en CeCe herinner ons:
As jy alles het, is die verantwoordelikheid groter. As jy nie alles het nie, is jou drome nog steeds geldig.
Foto: Meinhardt Esterhuizen dra sy oorwinning op aan Prochorus, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die jeug in sy gemeenskap ondersteun,
Ons kan dit vermag.
- Nie vir applous nie.
- Maar sodat ons kinders ook kan swem in skoon water, kan speel, kan droom, en eendag hul eie “onmoontlike” kan bereik.
As jy ook dink ons kinders verdien daardie kans, kom ons praat.
- Ons het nognie ’n datum nie.
- Ons het nognie die geld nie.
Maar ons het net dieselfde hoop wat Meinhardt en CeCe het: dat ander verder kan gaan as ons ooit kon.
Dankie, Meinhardt – Dankie, CeCe.
- Julle woorde en dade is nie net vir die water of die verhoog nie.
- Hulle is vir ons dorp se kinders, en vir ons almal.
If you miss this story: https://ccnews.co.za/2025/12/22/16-year-old-boy-writing-his-name-in-history-books/
Foto: Dis in hierdie vuil stunkende rivierwater waar ons gemeenskap se kinders op warm dae moet gaan lafenis soek.
As dit God se wil is, wil ek my 70ste verjaarsdag in 2026 gebruik om fondse in te samel vir ‘n swembad vir ons gemeenskap se kinders. Volg Cape Coast News vir die volle besonderhede wat op 1 Januarie bekend gemaak sal word.
