Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

DRIE ONGELUKKE, – VYF OORLEDENES OP N7

Posted on February 9, 2026February 9, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

Springbok:- Die afgelope naweek was ‘n swart een vir die inwoners van die Nama Khoi-area, met drie tragiese ongelukke op die N7-pad wat vyf lewens geëis het en ten minste vyf mense ernstig beseer het.Vrydagnamiddag het een persoon op slag gesterf toe hulle voertuig van die pad af is. Die ander twee insittendes is ernstig beseer en na groter hospitale buite Springbok vervoer. Volgens beskikbare inligting was die betrokkene ‘n vader (ook die bestuurder) en sy twee dogters van Steinkopf.

Saterdagoggend het ‘n nog groter skok die Nama Khoi-gebied getref. Drie persone het omgekom net buite Steinkopf toe hulle voertuig se buiteband glo gebars het. Die ander twee insittendes was aanvanklik ernstig beseer maar stabiel, volgens hulle families, en is steeds in die hospitaal om te herstel. Die oorledenes was twee van Pella en een van Okiep.

Die hartseer was skaars verwerk toe die derde ongeluk Sondagoggend plaasgevind het by Rooiwinkel, naby Okiep. ‘n Pa (die bestuurder) en sy seun was betrokke; die pa het in die ongeluk gesterf, terwyl die seun in die hospitaal opgeneem is. Die twee is oorspronklik van Steinkopf, maar het onlangs op Rooiwinkel gewoon, volgens familie.

Binne een naweek het Namakwalandse gesinne vyf geliefdes verloor, met nog vyf ernstig beseerdes in hospitale. Die N7, bekend as die “pad van die dood”, het weer sy berugte reputasie bevestig.

Hernude oproepe vir gebede en goddelike beskerming oor die area is nou aan die orde van die dag. Verskeie persone, insluitend Paul Swartbooi, het hulle gevoelens in skrif vasgelê om die bedroefde gemeenskappe te ondersteun.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Bloody Night on the Cape Flats
Next Post: Police Busts Remove Firearms and Mandrax ❯

You may also like

Headline
 Delft-ma kla polisie aan
April 17, 2026
Headline
SAPS Seizes R10 Million in Counterfeit Goods in Follow-Up Bellville Raid
June 17, 2026
Headline
Data Driven Policing Yields Results in Manenberg
September 3, 2025
Headline
Nigerian Man & SA Woman heavy sentencing for Drug Dealing
December 5, 2025

Recent Posts

  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown