Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Steinkopf se Kliniek: Van Asse tot Hoop

Posted on February 25, 2026February 25, 2026 By The Editor
Community

Maar Nie Almal is Opgewonde Nie

Verslaggewer – Isaac Cloete

Namakwaland:- Na byna ag jaar se wag, ’n verwoestende brand in November 2018, en tydelike diens in ’n ou VGK-pastorie, het die Steinkopf-kliniek Dinsdag 24 Februarie 2026  amptelik heropen!Die lint was geknip deur Premier Dr Zamani Saul en LUR vir Gesondheid, Nontobeko Vilakazi.

Die gebou is opgegradeer en gerestoureer, ’n groot oorwinning vir die gemeenskap in die Namakwaland se afgeleë dorpie, waar inwoners al lank kla oor afgeskeepte dienslewering.

Maar nie almal vier saam nie.

Paul Swartbooi van die Nama-mense sê reguit: “Dis nie ’n ‘nuwe’ kliniek nie,  dis ons bestaande een wat herstel is. Moenie die geskiedenis en ons eie mense se bydrae uitvee nie!”

Hy waarsku teen misleidende woorde soos “opening” in die media en departement se advertensies. “’n Bestaande fasiliteit kan nie as nuut geadverteer word nie.”

En dan die groot vraag:  Wat het die opgradering regtig gekos?

In ’n land vol korrupsie-aantuigings en “opgeblaasde tenders” in gesondheidsdienste, wil mense deursigtigheid sien. “Wie het voordeel getrek uit hierdie herstelwerk?” vra hy.

Intussen bly die frustrasie kook: Dorpe in Namakwaland voel halfvergeet, afgeskeep deur die regering. Die heropening bring hoop vir beter gesondheidsorg, maar ook ’n herinnering dat belowe dienslewering nie altyd vinnig of regverdig kom nie.

Wat dink jy?

Is dit ’n ware nuwe begin vir Steinkopf, of net nog ’n politieke foto-opsie?

Deel jou storie in die kommentaar!

#SteinkopfKliniek #Namakwaland #NorthernCapeHealth #Heropening

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Temporarily Water Supply Shut -Off
Next Post:  Fish Hoek Uber Incident ❯

You may also like

Community
Wynberg-hof-moordsaak op pad na Hooggeregshof?
February 6, 2026
Community
Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
January 15, 2026
Community
“I’M NOT ASKING FOR MYSELF –  I’M ASKING FOR MY COMMUNITY”
June 11, 2025
Community
Gunshots Fired During Funeral
May 15, 2025

Recent Posts

  • IPID and Human Rights Commission’s Silence Sparks Outrage
  • Peaceful Protest Continues as Lutzville Community
  • Kropz en Trollope reageer op CCN-navrae
  • Deadline Triggers Protests
  • Hopefield Residents Gain Clearer Picture

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown