Derde Week van Nasionale Staking by Trollope – Werkers Eis BCEA en Agterstallige Betaling
CCN Verslaggewer – George April
HOPEFIELD:- Die staking by Trollope Mining Services het nou sy derde ingegaan, en dit raak nie net die werkers by Kropz se Elandsfontein-fosfaatmyn buite Hopefield nie, maar perateurs en ondersteuningswerkers landwyd by die kontrakteur se verskeie sites.
Die aksie geniet beskerming deur ‘n nasionale stakingssertifikaat en fokus op Trollope se omstrede “CONTOPS”-vergoedingstelsel, wat volgens werkers en hul verteenwoordigers die Basic Conditions of Employment Act (BCEA) oortree.
Die kern van die dispuut is Trollope se interne CONTOPS-model, ‘n selfontwerpte raamwerk vir skofwerk en vergoeding in kontinue operasies.
Werkers sê daar bestaan geen getekende ooreenkoms of konsultasie met hulle of die unie oor hierdie beleid nie – iets wat die wet vereis vir enige afwyking van BCEA-bepalings. Onder BCEA moet oortyd op Saterdae 1.5x betaal word en op Sondae dubbeltyd, met duidelike reëls vir toelaes en aftrekkings. CONTOPS sny daardie ure af (van 192 na 180 per siklus in sommige voorbeelde), pak oortyd in “startup allowances” met strawwe penalties, en behandel toelaes as diskresionêr – iets wat werkers se maandelikse inkomste onvoorspelbaar en laer maak.
Illustrasiewe syfers uit Trollope se eie dokumente (gebaseer op April 2025-data) wys die gaping duidelik:
Excavator Operator: ±R21 260 onder CONTOPS vs. ±R17 107 onder BCEA (met Sondagwerk en toelaes ingesluit).
RDT Operator: ±R21 095 vs. ±R16 849.
Dozer Operator: ±R20 599 vs. ±R16 374.
ADT Operator: ±R18 093 vs. ±R14 197.
FEL Operator: ±R17 720 vs. ±R13 840.
Support Staff: ±R14 546 vs. ±R11 014.
In die gedetailleerde CONTOPS-breekaf (vir 15 werkdae) word vaste tariewe, T&A-bonusse, contops-ure, startup-ure en LTI-bonusse gebruik, maar dit lei tot laer netto verdienste vir baie kategorieë. Onder ‘n BCEA-model (met 13 dae normale ure + Sondagwerk teen 1.5x) daal verdienste verder in vergelyking, maar werkers eis die volle wetlike beskerming sonder die maatskappy se aanpassings.
Bykomende griewe sluit in:
Onwettige aftrekkings vir siekverlof (net skofwerkers word gestraf, selfs met siek notas).
Toelaes wat nie saam met basiese salarisse in 2022 en 2023 verhoog is nie, wat lei tot effektiewe loonverlaging oor jare.
Ongelyke betaling vir dieselfde werk by verskillende Trollope-sites.Gebrek aan konsultasie en geen getekende CONTOPS-beleid.Die maatskappy versprei nou “Return to Work Undertaking”-vorms aan stakers, waarin werkers moet bevestig dat hulle die staking staak en die CONTOPS Shift Work Policy aanvaar as hul vergoedingsraamwerk.
Werkers beskou dit as ‘n lokval: “Ons teken nie ons regte weg nie! Dit is nie hoe arbeidswetgewing werk nie – geen main agreement, geen formele proses.”
Die staking is nasionaal, met Hopefield se sekondêre aksie in solidariteit. Plaaslike gemeenskapslede ondersteun dit sterk en vra hoekom Trollope werkers van ander provinsies inbring terwyl plaaslike mense werkloos sit, hoekom basiese take (soos voertuigwas) na Saldanha of Piketberg geneem word, en hoekom daar geen plaaslike gemeenskaps-skakelbeampte is nie.
Hulle beplan ‘n memorandum aan Kropz-bestuur om antwoorde te eis.
Ten spyte van die aksie gaan produksie by Elandsfontein voort, wat frustrasie by stakers aanwakker. Trollope en Kropz het nog nie amptelik gereageer op die jongste ontwikkelings nie.
Die werkers bly by die hek: vasbeslote vir regverdige betaling, agterstallige geld en waardigheid. “Saam staan ons sterker – dis nie net ‘n staking nie, dis ‘n stryd vir almal se regte.”
Deel jou storie of ondersteuning in die aanlyn “Contact Us” kommentaar.
#ElandsfonteinStaking #TrollopeStaking #HopefieldSaam #BCEAVirAlmal #NoToCONTOPS #OnsTekenNieOnsRegteWegNie
