Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

 Hopefield Solar: Gaan ons Medupi se foute herhaal? 

Posted on July 16, 2026July 16, 2026 By The Editor
opinion/editorial

‘N waarskuwing uit Lephalale vir die Wes-Kaap

CCN Redakteur – George April

HOPEFIELD:- Baie mense in ons area is onseker oor die voorgestelde groot solar projekte wat langs Hopefield dorp beplan word.

Medupi Power Station in Lephalale, Limpopo – ‘n voorbeeld van hoe groot energieprojekte sosio-ekonomiese en omgewingsuitdagings kan skep.

Daar word baie gepraat van werkskepping, groen energie en ekonomiese groei, maar min konkrete antwoorde word gegee. Die betrokke maatskappy hou selfs nie openbare vergaderings om gemeenskappe se vrae en bekommernisse te beantwoord nie.

‘N nuwe briefing note oor die Medupi Power Station in Limpopo wys ‘n donker kant wat ons nie kan ignoreer nie. Die dokument, gebaseer op parlementêre rekords, gemeenskapsverslae en onafhanklike studies, vertel hoe Medupi se konstruksie-boom duisende werkers aangetrek het – net om daarna massiewe werkloosheid, informele nedersettings, misdaad en gebroke beloftes agter te laat.

Wat het regtig by Medupi gebeur?

– Konstruksie-boom, dan ineenstorting:  Tot 20,000 mense het tydens bouwerk gewerk. Toe die eenhede begin aanlyn kom, is die meeste werkers huis toe gestuur. Permanente poste by die kragstasie?

Net ‘n paar honderd.

Baie plaaslike mense sonder hoë vaardighede sit nou werkloos.

– Informele nedersettings en diens-ineenstorting: Die distrik se bevolking het met sowat 60% gegroei. Marapong en ander areas het vinnig met sinkplate opgeskiet. Water, riool, paaie en munisipale dienste kon nie byhou nie – probleme wat tot vandag toe voortduur.

– Gesondheid en sosiale probleme:  Hoë MIV-syfers (27,3% in 2013 in Waterberg), meer misdaad, geweld, dwelms en onveiligheid – veral vir vroue en kinders.

– Onvervulde beloftes: “Energy hub” en langtermyn plaaslike werk is belowe. Die realiteit was anders.

Die briefing note waarsku duidelik:  Hierdie patroon herhaal hom in groot infrastruktuurprojekte – tydelike werk, dan langtermyn pyn. Dit verwys spesifiek na solar- en groenwaterstofprojekte soos dié by Hopefield.

Maar wat van die ander gevare?

Behalwe die sosio-ekonomiese nagevolge, is daar ook ander ernstige bekommernisse oor groot solar farms in ‘n sensitiewe area soos die Bergrivier-mond:

– Waterverbruik in ‘n droë Weskus: –  Ons is reeds in die tweede maand van winter en daar het nog geen noemenswaardige reën in die Weskus of groter Wes-Kaap geval nie, terwyl dit daagliks warm word.  Die projek sal na bewering miljoene liters water per dag benodig vir konstruksie en paneel-onderhoud.  Waar gaan hierdie water vandaan kom, en wat is die impak op ons reeds kwesbare waterbronne?

– Impak op die plaaslike omgewing en rivier: – Die Bergrivier is reeds kwesbaar. Konstruksie, stof, moontlike chemikalieë vir paneel-onderhoud en groot veranderinge aan die grond kan die ekosisteem affekteer.

– Langtermyn risiko’s:  – Wat gebeur met die duisende hektare panele ná 20–25 jaar? Wie is verantwoordelik vir die skoonmaak en verwydering daarvan?

– Gemeenskapsversteuring: – Tydens konstruksie kan swaar verkeer, geraas en ‘n instroom van buite-werkers plaaslike lewenswyse ontwrig.

– Waarom juis op Hopefield se voorstoep?: – Die projek begin reg in die gemeenskappe se agterplaas, terwyl daar baie onbeantwoorde vrae is oor alternatiewe plekke, kumulatiewe impak en werklike langtermynvoordele.

Velddrif en Laaiplek se inwoners is tot dusver baie stil.  Maar die Bergrivier-mond lê reg in hulle gebied in die Atlantiese oseaan. Diè projek raak dus die hele weskus streek.

Wie dra die risiko? Die beloftes klink goed, maar die werklike langtermynkoste (sosiaal, ekonomies, omgewings- en watergewys) word dikwels op die gemeenskap en munisipaliteit afgelaai.

Naskrif van CCN

As gemeenskapsleier en verslaggewer is ek nie teen die Hopefield solar projek of enige ander werkskeppingsinisiatief nie. Ek glo ons het werkskepping broodnodig in ons area.

My bekommernis lê egter by die lesse uit vorige groot projekte soos Medupi, die navorsing wat ek doen, en die stilte van die ontwikkelaars. Maande gelede was daar één gemeenskapsvergadering, maar daarna het geen verdere antwoorde gekom nie. Die maatskappy kom nie vorentoe om gemeenskap se regte vrae en kwelvrae te beantwoord nie.

Hulle praat baie van werkskepping, maar tot wie se voordeel, en wie dra die moontlike nadele?

Die Medupi-verhaal los baie meer worries as antwoorde.

Ons verdien deursigtigheid, eerlike antwoorde en ‘n duidelike plan vir ná die konstruksiefase.

Ons wil nie later spyt wees nie. Kom ons kry die volle prentjie voordat besluite geneem word.

Bron: Briefing Note – Socio-Economic Impacts of Medupi Power Station (15 Julie 2026)

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Dringende Misdaad Waarskuwing
Next Post: From Disappointment to Renewed Hope ❯

You may also like

opinion/editorial
Open Letter to the Saldanhabaai Business Chamber
September 1, 2025
opinion/editorial
Trump’s FIFA Call Sparks Soccer Storm
July 7, 2026
opinion/editorial
Voices of Our Children – A Cry We Can No Longer Ignore
December 10, 2025
opinion/editorial
Gang Violence on the Cape Flats
April 7, 2026

Recent Posts

  • Three Arrested as Joint Operations Seizes
  • 🔥Die Politieke Waarheid
  • Polisiekonstabel in Delft Gearresteer weens Korrupsie
  • Young Netball Player Seeks Community Support
  • Kropz and Trollope Remain Silent

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown