Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Gru-ongeluk Eis Vier Familielede

Posted on August 3, 2026August 3, 2026 By The Editor
Headline

  En Drie Ander

Verslaggewer –   Isaac Cloete
Noordkaap:-  Vier familielede van Keimoes het onlangs hul lewens in ‘n verskriklike ongeluk verloor.
Foto verskaf – Ettiene Conroy Cloete
Hierdie tragedie het die hele gemeenskap van Keimoes in die Noord-Kaap geskok en gebroke agtergelaat. Die oorledenes van die Matthys-familie is die ouers, Regina en Chris “Boeta” Matthys, hul kind Rochalle, en Etline, laasgenoemde se dogter.
Die vyfde persoon, Ettiene Cloete – Rochalle se kêrel – het ook in die verskriklike ongeluk op die R27 tussen Calvinia en Brandvlei op Donderdag gesterf.  Cloete is oorspronklik van Matjieskloof, Springbok.
Kaptein Ivan Magerman, polisiewoordvoerder van SAPD in Namakwa, het gesê: “Die botsing het Donderdag om ongeveer 18:46 plaasgevind, sowat 56 kilometer buite Calvinia in die rigting van Brandvlei. “Die SAPD op Calvinia ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na aanleiding van ‘n noodlottige motorbotsing waarin ses mense gesterf het.”
Die Matthys-familie (en Cloete) was op pad terug na Keimoes vanaf Kaapstad.  Die bestuurder van die Ford-bakkie, Beauron Tieties van Williston, was op pad uit Mpumalanga, in die rigting van Kaapstad, toe die voertuig met die Polo gebots het.
Judene Meyer, ‘n niggie van Boeta, het gesê dat hy vir ‘n baie lang tyd by die myne op Black Mountain, naby Aggeneys, gewerk het.  Hy het ‘n paar maande gelede afgetree.
Volgens Meyer is Cyricus Matthys,  die ander kind van die Matthys-egpaar,  nou die enigste oorblywende familielid van hierdie gesin.
Cyricus is getroud en woon ook in Keimoes. Intussen stroom medelye en boodskappe van regoor die land in, veral uit die Noord-Kaap.
Die sosiale mediagroep,  “Foreigners in SA,” het geskryf: “Ons innige meegevoel gaan uit na die bedroefde familie en almal wat deur hierdie ondenkbare tragedie geraak is.
Die lewe is broos, en môre word nooit gewaarborg nie. Hou jou geliefdes naby, vergewe gou en koester elke oomblik saam.
Hierdie wêreld is beslis nie ons tuiste nie. Onthou dit altyd.” Die vier lede van die Matthys-familie word Saterdag in Keimoes ter ruste gelê.  Die begrafnis sal by die Alexander Steward Congregational-kerk plaasvind.
Ettiene Cloete se begrafnis sal op 15 Augustus in Matjieskloof, Springbok, gehou word.
Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: NPA kry 24 Lewenslange Vonnisse
Next Post: Betaal Suid Afrika se Klein Dorpies ❯

You may also like

Headline
Man sterf tydens arrestasie in Bellville
July 27, 2026
Headline
High Voltage Power Outage Update
April 23, 2025
Headline
Kelly Smith – Trane vloei
March 11, 2025
Headline
Gesamentlike SAPS Operasie Suksesvol
March 15, 2026

Recent Posts

  • Betaal Suid Afrika se Klein Dorpies
  • Gru-ongeluk Eis Vier Familielede
  • NPA kry 24 Lewenslange Vonnisse
  • Authorities Uncover Multimillion-rand Vehicle Licensing Cartel
  • Hoop Blom op die Weskus

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown