Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Hopefield Sonkrag Projek – Wees Gewaarsku

Posted on April 16, 2025April 17, 2025 By The Editor
Headline

Berig – George April

HOPEFIELD:- Die plan om een van die wêreld se grootste sonkragplase net buite Hopefield te bou, het ‘n storm van vrae en bekommernisse losgemaak.

Sonder die teenwoordigheid van die projekontwikkelaars, het ’n plaaslike vergadering Dinsdag duidelik gewys.  Die gemeenskap word in die duister gehou oor kritieke aspekte van hierdie sogenaamde “Groen Projek”.

INTERNASIONALE VOORBEELDE -Waarom So Na Aan Ons Dorp?

Oor die wêreld heen word grootskaalse sonkragplase doelbewus ver van mense af gebou:

Benban Sonkrag Park (Egipte): 1 650 MW, 40 km van die naaste dorp in die woestyn.

Dhirubhai Ambani Sonkrag Park (Indië) – In die Thar-woestyn, verwyderd van woongebiede.

Golmud CPV Sonkrag Park (China) – Op die Tibetaanse plato, ver van enige stedelike sentrum.

Touwsrivier CPV (SA) – Selfs in Suid-Afrika is hierdie aanleg 13 km van die dorp af.

Maar in Hopefield?

Die beplande aanleg is op die dorp se voorstoep.

RISIKO’S: Groen Energie met Donker Gevolge

Groot battery stelsels – soos dié beplan vir Hopefield,  gebruik dikwels lithium-ioon tegnologie.  Dié tegnologie is wel bekend, maar hou ernstige gevare in:

Termiese wegholreaksies – Een oorverhitte sel kan tot ontploffings en grootskaalse brand lei.

Plaaslike voorvalle – In Januarie 2025 is ’n gesin in Vanderbijlpark ernstig beseer toe so ’n battery ontplof het.

Internasionale optrede – Dorpe soos Raquette Lake (New York, VSA) het reeds battery stoor projekte verbied weens veiligheidsrisiko’s.

Nou vra Hopefield se mense: hoekom hier? Hoekom naby huise, skole, ouetehuise en klein kinders?

WATERGEBRUIK: ’N Dorp wat droog gaan word?”

Die aanleg gaan miljoene liter water verg, vir stofbeheer, verkoeling en betonmengsels. Waar gaan hierdie water vandaan kom?

Wie gaan toegee?

In ’n fynbosstreek soos Hopefield is elke liter belangrik, en sonder duidelike antwoorde oor die bron en impak op bestaande waterbronne, is dit ’n rooi vlag.

Nie een druppel krag vir Hopefield nie?

Wat dalk die bitterste pil is, is dat nie Hopefield nie, en nie eers Eskom nie, enige van die elektrisiteit gaan ontvang. Die elektrisiteit sal waarskynlik direk verkoop word aan private kliënte of oorsese kopers.

Wat bly dan oor vir Hopefield?

’n Geskende – landskap

Stof en geraas

Gevaarlike verkeer

Tydelike werk – met geen sekerheid vir plaaslike mense nie

Geen langtermyn ekonomiese voordele

SALDANHABAAI MUNISIPALITEIT Waar is Hulle?

Tydens die gemeenskapsvergadering is vinger gewys na die Saldanhabaai Munisipaliteit. Waar is hulle in hierdie proses? Is dit nie hul grondwetlike plig om gemeenskappe by te staan in so ‘n massiewe ontwikkelings besluit nie? Waarom is Hopefield se mense elke keer laaste aan die beurt, en net “goed genoeg” vir skade?

GEMEENSKAP – Staan Op Terwyl Daar Nog Tyd Is

Die Hopefield-gemeenskap moet hul regte ken  en hul stemme gebruik. Hierdie is nie ’n klein projek nie. Dis ‘n multi-miljard rand ontwikkeling wat ons dorp vir altyd kan verander. Maar dit kan ook die toekoms van almal benadeel

Vooruitgang beteken nie vernietiging nie, maar. “Groen energie” mag nooit teen mense gebruik word nie.

DIS NIE NET ‘N STORIE NIE –

DIS ‘N WAARSKUWING

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Airport Industrial – Urgent Repairs
Next Post: Big Blunt Bust at Taxi Rank ❯

You may also like

Headline
Cape Town Faces 3 Days Power Outage
February 16, 2025
Headline
Voorval op plaas naby Vredendal
April 1, 2026
Headline
Pregnant, Murdered and Buried
December 12, 2025
Headline
Kankerlydende Elsiesrivier-man Sterf ná beweerde polisie – aanval
November 14, 2025

Recent Posts

  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants
  • Hopefield Erupts Over Energy Project as Residents Demand Answers

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown