Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


GBV Slagoffer vra Beskerming teenoor Onder – Burgermeester

Posted on May 5, 2025May 5, 2025 By The Editor
Uncategorized

Sake Uitgestel weens Politieke Inmenging

Berig: –  George C. April

VREDENDAL:- Die hofsaak teen adjunk burgemeester Amelia Job, gebring deur munisipale werker en GBV-slagoffer Jackeline Hector, is op Woensdag 30 April in die Vredendal-landdroshof uitgestel tot Dinsdag 6 Mei 2025.

GBV-slagoffer Jackeline Hector

Dit nadat Job, Demokratiese Alliansie (DA) raadslid nie Woensdag opgedaag het by die hof nie.  ’N Brief van die munisipale bestuurder, Lionel Phillips, is voorgelees waarin beweer word dat Job nie hof toe kon kom nie, weens ’n raadsvergadering.  Wat in die hof bevraagteken was, is dat die betrokke raadsvergadering eers om 14:00 sou begin, terwyl die hof 9vm begin.

Die   magistraat het in die hof gesê, dat Phillips  skriftelik ingelig sal word, waarom hy namens ’n raadslid skrywe, terwyl hy nie haar werkgewer is nie, maar dié van die klaer. Hy sal ook moet verduidelik waarom hy nooit gereageer het op briewe van Hector nie, waarin sy kla oor aanhoudende viktimisering deur die raadslid en onder – burgermeester.

Tot die gemeenskap se ontsteltenis, het die ander  DA-raadslid Divine Cloete,  wat self ‘n sogenaamde GBV-aktivis en stigter van ’n vroueregte-organisasie is, haar geskaar by Job.  Diè vrou wat vir vroueregte veg,  het blykbaar hof toe gegaan om  die  beskermingsbevel van Hector  teen Job te staan. Dit plaas ’n skadu oor haar openbare beeld as kampvegters vir vroueregte.

CCN het reeds in April twee geskrewe mediavrae gestuur aan beide die burgemeester en die munisipale bestuurder van die Matzikama Munisipaliteit, maar geen antwoord is ontvang nie. Dié swye laat vrae ontstaan oor deursigtigheid, aanspreeklikheid en ondersteuning aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld binne die munisipaliteit.

Verder het CCN betroubaar verneem dat Job reeds aan die hofklerk laat weet het dat sy weer nie Dinsdag sal opdaag nie, sodat daar weer ‘n uitstel sal geskied.  Gorden is ook die stigter  van ‘n GBV organisasie wat vir vroue regte veg,  nl. Sisters Empowerment Movement.

Die vraag op almal se lippe – Wie beskerm die slagoffers wanneer die stelsel hulle in die steek laat, en hul mede-raadslede aan die kant van die oortreder staan?

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Collision between a Minibus Taxi and a Bakkie
Next Post: GBV Survivor’s Court Case Delayed Again – Amid Council Interference ❯

You may also like

Uncategorized
Negligence Exposed in Building Collapse
April 6, 2025
Uncategorized
Nation Awaits Sentencing and Truth
May 5, 2025
Uncategorized
Onderwyser Lewenslank Tronkstraf – Verkragting
May 22, 2025
Uncategorized
Beacon Valley Kleuter in Slaap Raak Geskiet
September 26, 2025

Recent Posts

  • Name Change – West Coast Water Festival
  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown