Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Miljoene vir Paasfees Toernooi

Posted on June 2, 2025June 2, 2025 By The Editor
opinion/editorial

Maar waar is die regte gemeenskapsontwikkeling?

Berig – George April

HOPEFIED:- In ‘n tyd waar gemeenskappe sukkel om sportontwikkeling vir kinders en jongmense te finansier, het twee groot skenkings onlangs koppe laat draai.

  • Die Minister van Sport, Gayton McKenzie, het R1 000 000 aan die Saldanhabaai Rugbyklub geskenk vir hul Paasfees Rugby Toernooi.
  • Die maatskappy Amoya, gevestig in Hopefield, het blykbaar R300 000 aan dieselfde klub geskenk.

Maar die vraag op almal se lippe,  waar is die breër gemeenskap se betrokkenheid?
Geen ander rugbyklub aan die Weskus, buiten die gasheerspan,  het aan die toernooi deelgeneem nie.

Hopefield se kinders – afgeskeep

Op Hopefield poog die gemeenskapsorganisasie West Coast Sports Solutions (WCSS) al vir meer as drie jaar om ondersteuning van Amoya te kry vir kindersportontwikkeling, spesifiek om ‘n veilige swembad op te rig.

Maar steeds geen ondersteuning nie.

In Junie 2023 het Johanna Stoffels, ‘n direkteur van Amoya, openlik by ‘n gemeenskapsgeleentheid gesê:

“‘n Swembad is ‘n luukse, nie ‘n verpligting nie.“

Hierdie opmerking was gemaak tydens ‘n spesiale byeenkoms in die kerksaal waar jong atlete van Hopefield vereer is vir hul prestasies by ‘n SA Atletiekbyeenkoms. Ironies genoeg, was dit dieselfde jaar wat Amoya se bestuur in ‘n gemeenskapsvergadering gespog het dat hulle R14 miljoen aan gemeenskapsontwikkeling bestee het.

Daardie aand was baie teenwoordig verbaas oor sekere projekte wat genoem was,  maar niemand het vrae gevra nie.

Die vrae wat niemand beantwoord nie 

  • Hoe kan ‘n swembad as ‘n “luukse” gesien word in ‘n dorpie waar kinders in vuil riviere swem?
  • Waarom kry een rugbyklub miljoene, terwyl ander gemeenskappe afgeskeep word?
  • Is sportontwikkeling net vir ‘n geselekteerde groep?
  • Wie besluit waar fondse gaan, en hoe deursigtig is daardie proses?
  • Is gemeenskapsvergaderings werklik vir inspraak, of net formaliteite?

Jou mening in die saak!

Cape Coast News wil by jou, die publiek, hoor.

Vul ons “Contact Us” vorm in op die webwerf
Of stuur ‘n WhatsApp na 073 335 0987 met jou naam en mening.

Dis tyd dat ons almal ons stem laat hoor,  vir die kinders van Hopefield, en vir regverdige sportontwikkeling op die Weskus.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Transparency in Question – After MPAC Shake-Up in Saldanha Bay
Next Post:  Waarom Woorde op Sosiale Media Ons Nie Gaan Red Nie” ❯

You may also like

opinion/editorial
Unanswered Questions – Umoya & Tronox
April 22, 2025
opinion/editorial
Social Media Post On South Africa’s Future Goes Viral
August 27, 2025
opinion/editorial
Daaglikse Hoogtepunte – Die Werklikheid van die Lewe
February 12, 2025
opinion/editorial
Open Letter to the Saldanhabaai Business Chamber
September 1, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown