Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Moeder Onthou Stem van Baba se Ontvoerder

Posted on July 4, 2025 By The Editor
Community

Hofsaak uitgestel vir borgtog

Berig – George April

Bellville:-  Die vrou wat na bewering die nege dae oue baba Mogamat Imaad Shamar uit ‘n winkelsentrum in Bellville ontvoer het, het gister in die hof verskyn, met haar gesig versteek agter ‘n masker.

Ontvoerder Skuil agter Masker

Die beskuldigde, ‘n 37-jarige vrou van Tafelsig, word van ontvoering aangekla nadat die baba Maandag veilig by ‘n huis in Honolulu-straat, Mitchells Plain, gevind is.  Sy bly in aanhouding totdat haar borgtogaansoek later dié maand aangehoor sal word.

Die baba se ma, Imaan, was emosioneel ná die hofverskyning. Sy het aan ‘n TV-verslaggewer gesê dat sy die vrou se gesig nie mooi kan onthou nie, maar sy sal haar stem nooit vergeet nie.

“Daardie stem – dit sal ek altyd onthou,” het die ma gesê.

Die saak het die land geskok nadat aan die lig gekom het dat die beskuldigde die jong ma glo oor maande heen “groom” het, en voorgegee het sy werk vir ‘n organisasie wat nuwe mammas bystaan met sorgpakkies, berading en werkswinkels. Volgens Veranique “Benji” Williams, stigter van die Faith and Hope Missing Persons Unit, het die beskuldigde die ma oor en oor uitgeneem vir middagete en haar vertroue gewen.

Slim Speurwerk en Gemeenskap Samewerking

Benji Williams het verder onthul hoe die verdagte vasgetrek is: “‘n Buurvrou het my Maandagaand gekontak. Sy het gesê daar bly ‘n vrou in haar straat wat nie swanger was nie, maar skielik ‘n baba by die huis het.  Dit het onmiddellik alarms laat lui.”

Benji, self ‘n oud-polisielid, het saam met die polisie en misdaadintelligensie ‘n operasie beplan.  Speurder-kaptein Wesley Lombard, bekend vir sy toewyding aan vermiste kindersake, het die ondersoek gelei.

Die huis is gemonitor, en toe die owerhede toeslaan, is die baba gevind, ongedeerd, geklee in die selfde haai-onderbaadjie wat die ma beskryf het.

‘N Emosionele Hereniging

Toe die baba teruggegee is aan sy ouers by die polisiekantoor, was daar trane van blydskap. Die pa het sy seun vir die eerste keer ontmoet en kon sy emosies nie terughou nie.

“Die oomblik toe die kombers oopgaan… dit het almal gebreek. Die ma het geweet dit is haar seun,” het Sandy Schuter-Flowers van die Strandfontein Gemeenskaps polisieforum gesê.

Die Verdagte se Verlede

Vriende van die beskuldigde het bevestig dat sy in ‘n moeilike situasie was. Daar word beweer sy het aan haar eks-man en sy familie voorgelieg oor ‘n swangerskap, moontlik as gevolg van ‘n onvervulde begeerte om ‘n ma te wees. Die egpaar is sedertdien geskei.

‘N Boodskap van Waarskuwing

Benji Williams waarsku ouers om waaksaam te wees en vreemdelinge nie maklik te vertrou nie. Sy doen ook ‘n beroep op die regering om meer ondersteuning en hulpbronne beskikbaar te stel vir jong mammas, sodat hulle nie in sulke situasies beland nie.

Die beskuldigde bly in aanhouding. Haar volgende hofverskyning vir ‘n borgtog aansoeg was uitgestel, intussen duur die ondersoek voort.

#SaamTeenMisdaad

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Major Mandrax Bust
Next Post: Mitchell’s Plain Bleeding ❯

You may also like

Community
Tragic Lost in Manenberg Highlights Witness Safety Concern’s
August 11, 2025
Community
Young Man Shot Dead While Working on Car in Broad Daylight
November 11, 2025
Community
StopIllicitTrade – Arrests Made
September 9, 2025
Community
Three Suspects Nabbed in Remote Jamming Bust on R300 Highway
May 14, 2025

Recent Posts

  • Name Change – West Coast Water Festival
  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown