Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Anti – Bende Eenheid slaan toe

Posted on October 24, 2025October 24, 2025 By The Editor
Community

Onwettige vuurwapens, ammunisie en dwelms gekonfiskeer

KAAPSTAD:- Die voortdurende stryd teen die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie,  het weer vrugte afgewerp toe lede van die Anti-Bende-eenheid verskeie verdagtes in hegtenis geneem het vir die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en dwelms.

Volgens die polisie het lede Woensdagaand ‘n perseel in Horizon Court, Ottery, deursoek waar hulle ‘n 9mm-pistool met 27 patrone ammunisie gevind het. ’n Volwasse man is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

In ’n onverwante voorval, het dieselfde eenheid ’n perseel in Ventura Straat, Factreton, deursoek waar hulle ’n 7.65-pistool met vyf patrone onder die houtvloer van die huis gevind het. ’n 46-jarige man is gearresteer vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Verder het die Anti-Bende-eenheid ook ’n deursoeking uitgevoer by ’n woning in St. Michaels Way, Lotus River, waar ’n 33-jarige man in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms. Die polisie het 365 mandrakstablette, 26 pakkies kokaïen, 57 pakkies tik en ’n onbekende bedrag kontant in beslag geneem.

Die verdagtes sal binnekort in die Wynberg en Goodwood Landdroshowe verskyn sodra hulle formeel aangekla is.

Die Anti-Bende-eenheid sê hulle sal voortgaan om misdaad te beveg en onwettige wapens van die strate te verwyder.

#StopMisdaad #GunsOffTheStreets #AntiGangUnit

Bron: SAPS Nuus

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Major Arrests in Philippi East Mass Shooting Case!
Next Post: Flying Squad & CarTrack Team Up to Nap Hijacking Suspect ❯

You may also like

Community
Twee Brandsterftes Skok Nama Khoi-gemeenskap
October 24, 2025
Community
Manenberg Ouma Roep om Hulp op ❤️FM
June 27, 2025
Community
Murder Case Finally Concluded
May 23, 2025
Community
Young Man Shot Dead While Working on Car in Broad Daylight
November 11, 2025

Recent Posts

  • Astrante Eskom Loop Hulle Vas
  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown