Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Jongman Wreed in Scottsdene Vermoor

Posted on July 7, 2025July 8, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer – George April

KRAAIFONTEIN:- Die liggaam van ’n jongman is vanoggend (Maandag 7 Julie)  in Scottsdene, Kraaifontein, gevind nadat hy vermoedelik met betonplate doodgekap is.

’n Verbyganger het die skokkende ontdekking omstreeks 07:00 in ’n stegie in Bonita Crescent, reg oorkant die U-Save-winkel, gemaak en onmiddellik die polisie in kennis gestel.

Volgens Adjudant-offisier Louise Strydom van die Kraaifontein-polisie is die slagoffer se ouderdom nog nie vasgestel nie.

“Die man het ernstige kopbeserings opgedoen wat deur ’n swaar betonstruktuur veroorsaak is,” sê sy. “Sy ma was op die toneel en was sigbaar emosioneel oor die tragiese voorval. ’n Groot skare het bymekaargekom, en die polisie moes streng skarebeheer toepas sodat die polisie-fotograaf die toneel kon dokumenteer.”

Die Kraaifontein-polisie het ’n moordsaak geopen en die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die polisie te kontak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Police Crackdown in Mitchells Plain After Deadly Gang Violence
Next Post: Reënweer Veroorsaak Skade – Weskaap ❯

You may also like

Community
Valhalla Park Incident – City Condemns Attack
September 12, 2025
Community
Several Violent Incidents Reported
December 21, 2025
Community
Kaapse Vlakte In Skok – 5 Jarige Doodgeskiet en…
July 31, 2025
Community
Sternberg Police Nab Suspect with Rusty: Untraceable 9mm
March 1, 2026

Recent Posts

  • Malawi Gets 55 Donor-Supported Buses
  • Ramaphosa’s Phala Phala Headache
  • “SONDAGSKOOL-ONNIE” – GEVONNIS TOT 75 JAAR TRONKSTRAF
  • Bloedige 24 Uur in die Weskaap
  • DUBBELE MOORDSAAK AFGEHANDEL

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown