Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Reënweer Veroorsaak Skade – Weskaap

Posted on July 7, 2025July 8, 2025 By The Editor
Community

Maar Cederberg Bring Hoopvolle Nuus

Verslaggewer – George April

CLANWILLIAM:- Die intense reën wat die afgelope paar dae oor groot dele van die Wes-Kaap uitgesak het, het tot wye skade en oorstromings gelei.

Burgermeester Azrial Scheepers – Foto Facebook

Verskeie paaie is onbegaanbaar, en gronddwalings het plaasgevind en vele strukture is beskadig.

In gebiede soos die Kaapse Metro, Overberg en dele van die Weskus is strate en lae-liggende gebiede onder water, terwyl die N1 by Worcester en sommige plattelandse paaie deur modder en water versper is. Daar is ook berigte van wonings wat oorstroom is in sekere informele nedersettings, terwyl landbougemeenskappe reeds skade aan oeste en infrastruktuur rapporteer.

Maar te midde van die uitdagings bring die Cederberg Munisipaliteit ‘n positiewe boodskap vir hul inwoners.

Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Azrial Scheepers, het Maandagaand ‘n boodskap aan die streek gerig waarin hy bevestig het dat die Cederberg-gebied relatief ongedeerd deur die slegte weer gekom het.

“Ons munisipaliteit funksioneer glad, ondanks die uitdagende weerstoestande,” het Scheepers gesê. “Behalwe vir die MR539 Algerië-pad wat steeds gesluit is weens weerverwante skade, is die paaie in ons streek oor die algemeen oop en veilig.”

Die Munisipale Bestuurder het die Gesamentlike Operasionele Sentrum (JOC) geaktiveer om die situasie te monitor en vinnig te reageer waar nodig.  Munisipale voormanne doen daaglikse inspeksies van infrastruktuur en fasiliteite om enige skade vroegtydig aan te meld.

Scheepers het inwoners gemaan om steeds versigtig te wees, veral by laagwater-brûe en rivierbeddens, en om kinders dop te hou, veral tydens die skoolvakansie. “Wees ook versigtig met oop vure, paraffien en kerse, veral in informele nedersettings,” het hy gewaarsku.

Hy het sy waardering uitgespreek teenoor ander staatsdepartemente en rolspelers vir hul samewerking en ondersteuning.

In teenstelling met gebiede waar die gevolge van die reën rampspoedig was, blyk dit dat die Cederberg se voorbereidheid en vinnige optrede ‘n groot rol gespeel het om skade te beperk.

Met nog reën wat die week verwag word, bly die waarskuwing egter in plek: wees waaksaam, moenie risiko’s neem nie, en hou die nuus dop vir verdere opdaterings.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Jongman Wreed in Scottsdene Vermoor
Next Post: Selective Justice –  Hawks Arrest Man for Online Hate Speech ❯

You may also like

Community
Romance Scam Alert: R14 Million Heartbreak
March 23, 2026
Community
Major Mandrax Bust
July 4, 2025
Community
Body of Homeless Woman Found Dead on Train Roof
November 19, 2025
Community
Polisie Slaan Toe – Meer as R1miljoen en Bankkaarte
May 14, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown