Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Louie’s Liebenberg – Aansoek om Borgtog

Posted on August 7, 2025August 7, 2025 By The Editor
National News

OPROER IN HOF

CCN Nuus

Bronkhorstspruit:- Louies Liebenberg, 61 jaar, selfverklaarde sakeman en openbare figuur, het gister om borgtog aansoek gedoen in die Bronkhorstspruit hof.

Hy word tans aangehou saam met sy vrou, Dezi, en agt mede-beskuldigdes op verskeie ernstige aanklagte wat glo verband hou met bedrog, geldwassery en ander ekonomiese misdrywe.

Die hofverrigtinge het egter in chaos ontaard nadat Liebenberg skielik en sonder waarskuwing die landdros herhaaldelik begin aanval het met woedende uitbarstings. Hofpersoneel moes ingryp, en veiligheidsbeamptes het hom met moeite onder beheer gekry.

Volgens ‘n hofwoordvoerder is alle beskuldigdes beveel om vandag medies ondersoek te word deur ‘n onafhanklike geneesheer, te midde van kommer oor Liebenberg se psigiese en fisieke toestand ná die insident.

Verskeie ondersteuners van die Liebenbergs was teenwoordig in die hof, sommige glo self slagoffers van die beweerde beleggingskema, terwyl ander steeds hulle lojaliteit teenoor hom uitspreek.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en vir die dokter se verslag voor ‘n beslissing oor die borgtog aanvraag geneem sal word.   Die Nasionale Vervolgingsgesag het intussen aangedui dat hulle borgtog sterk sal teenstaan.

CCN Nuus sal volg op verdere verwikkelinge.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Laptop Stolen from Delft Police Station
Next Post: Crime Round-Up – Four Arrested in Delft ❯

You may also like

National News
Trump’s High-Stakes Game with Iran
May 22, 2026
National News
Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
January 14, 2026
National News
Green Energy Divide on the West Coast
July 10, 2025
National News
DA Pushes Through Controversial Budget with VF+ Support
May 29, 2025

Recent Posts

  • Another deadly night in Khayelitsha
  • CCN Reageer op Facebook Vrae
  • The R5,000 pension promise that’s sweeping social media
  • Trump Administration Escalates Pressure on South Africa
  • Community Safety Alert – Rising Break-ins

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown