OPROER IN HOF
CCN Nuus
Bronkhorstspruit:- Louies Liebenberg, 61 jaar, selfverklaarde sakeman en openbare figuur, het gister om borgtog aansoek gedoen in die Bronkhorstspruit hof.
Hy word tans aangehou saam met sy vrou, Dezi, en agt mede-beskuldigdes op verskeie ernstige aanklagte wat glo verband hou met bedrog, geldwassery en ander ekonomiese misdrywe.
Die hofverrigtinge het egter in chaos ontaard nadat Liebenberg skielik en sonder waarskuwing die landdros herhaaldelik begin aanval het met woedende uitbarstings. Hofpersoneel moes ingryp, en veiligheidsbeamptes het hom met moeite onder beheer gekry.
Volgens ‘n hofwoordvoerder is alle beskuldigdes beveel om vandag medies ondersoek te word deur ‘n onafhanklike geneesheer, te midde van kommer oor Liebenberg se psigiese en fisieke toestand ná die insident.
Verskeie ondersteuners van die Liebenbergs was teenwoordig in die hof, sommige glo self slagoffers van die beweerde beleggingskema, terwyl ander steeds hulle lojaliteit teenoor hom uitspreek.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en vir die dokter se verslag voor ‘n beslissing oor die borgtog aanvraag geneem sal word. Die Nasionale Vervolgingsgesag het intussen aangedui dat hulle borgtog sterk sal teenstaan.
CCN Nuus sal volg op verdere verwikkelinge.