Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Korrupsie in Boland Klubrugby – Voorsitter Skorsing Bevraagteken

Posted on August 14, 2025August 14, 2025 By The Editor
Community, Sport

Berig – George April

HOPEFIELD:-  Die voorsitter van die Boland Skeidsregters Vereniging, Linston Manual, is Woensdagaand tydelik geskors, met betaling,  na bewering na toenemende druk oor beweerde korrupsie onder klubrugby-skeidsregters.

Volgens berigte op sosiale media is ’n ander skeidsregter reeds ’n paar weke gelede lewenslank geskors, hoewel CCN geen bevestiging kon kry nie, aangesien die Boland Rugbyunie (BRU) volhou weier om op navrae te reageer.

Betalings aan sogenaamde korrupte klubrugby-skeidsregters is al vir jare ’n warm geselskapspunt onder spelers en ondersteuners.  Die reaksie van sommige klubs op Manual se skorsing is skepties. “Om Manual nou te skors gaan niks verander nie,” het verskeie spelers en ondersteuners aan CCN gesê.

Hierdie naweek vind die laaste klubrugby wedstryde van die seisoen plaas, maar die vraag bly: Wat gaan werklik verander?  Die skade is reeds gedoen,  veral Hopefield se rugbyspan was die afgelope seisoen keer op keer slagoffers van omstrede skeidsregterbesluite.

Op navrae aan SA Rugby en Outsurance het media-woordvoerders slegs een keer gereageer.  SA Rugby se woordvoerder het toe beloof dat ondersoeke gedoen sou word. Sedertdien is geen verdere terugvoer ontvang nie, selfs toe nog klagtes onder CCN se aandag gebring is,  insluitend insidente by skole rugbywedstryde wat tot ernstige besware gelei het.

Met die seisoen wat tot ’n einde kom, bly die toekoms onseker,  gaan hierdie skorsing die begin van werklike verandering wees, of net nog ’n tydelike pleister oor ’n diep wond?

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Vuurwapen & Dwelms van Straat Af.
Next Post: Major Drugs Bust in Vredendal ❯

You may also like

Community
Verskeie Verdagtes in Hegtenis
December 28, 2025
Community
Urgent Community Call
January 21, 2026
Community
Gugulethu Shootings Claimes Two Lives
September 15, 2025
Community
Seven Illegal Firearms Seized After Funeral Gunfire
May 16, 2025

Recent Posts

  • West Coast Rising Stars
  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown