Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Groot Dwelmslag in Pofadder

Posted on August 14, 2025August 14, 2025 By The Editor
Community

Berig – Isaac Cloete

Pofadder:- Die Namakwa Distrik Taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) het Woensdag, 13 Augustus 2025, in die vroeë oggendure ’n groot deurbraak gemaak.

Dit was  tydens ’n gesamentlike Operasie, naamlik Shanela II in Pofadder. Die suksesvolle aksie het gelei tot sewe arrestasies en die beslaglegging van dwelms en kontant ter waarde van byna R50 000.

Volgens inligting wat deur die Namakwa Distrik Taakspan ingesamel is, is verskeie persele deursoek. Dit het gelei tot die arrestasie van drie mans, vermoedelik buitelanders tussen 32 en 38 jaar oud, en vier vroue tussen die ouderdomme van 20 en 75 jaar.

Die polisie het Tik, Mandrax en dagga gekonfiskeer met ’n geskatte straatwaarde van R49 969,71, asook kontant wat vermoedelik uit misdaad verkry is.

Distrikskommissaris, Brigadier Schalk Andrews, het die taakspan geloof vir hul uitstekende werk en het SAPD se verbintenis herbevestig om operasies te verskerp en misdaad in die distrik uit te roei.

Navrae:
Kaptein Ivan Magerman
Namakwa Kommunikasie beampte
📞 083 478 9317
📧 MagermanIC@saps.gov.za

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Guns & Liquor in Ocean View
Next Post: Hopefield Hidden Past: Beyond the Official Story ❯

You may also like

Community
Cape Flats Crime Roundup
December 31, 2025
Community
Hawston in Mourning After Double Murder Rocks Community
May 12, 2025
Community
Pa in Hegtenis vir Mishandeling van Baba
November 14, 2025
Community
Brand bo Franschhoek Woed Buite Beheer
January 20, 2026

Recent Posts

  • Astrante Eskom Loop Hulle Vas
  • Cape Town’s R1.6bn Tender Scandal Probe
  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown